LR
Lizette R

1 reviews | Active since May 2022

18 May 2022, 14:09

Debietkaart dienste

Op die 3e Mei 2022 is geld uit my debiet en krediet kaart getrek sonder my toestemming. Die 4e Mei het ek FNB se "*****" afdeling ges***el nadat hul vir my 'n sms gestuur het om my mee te deel dat die transaksie op my kredietkaart gekanselleer is deur die bank en dat my kaart ook gekanselleer is. Ek het terwyl ek met die bank gesels het al twee my kaarte gekanselleer en daar en dan weer 'n nuwe debiet en kredietkaart bestel. FNB het dieselfde dag nog R120.00 afgetrek van my rekening vir die nuwe debietkaart. Ek het die 12e Mei my nuwe kredietkaart gekry. Die 13e Mei bel ek FNB en vra wanneer my debietkaart afgelewer gaan word. Volgens die dame, was my debietkaart nog nie bestel nie, en sê sy aan my dat dit 5 tot 7 werksdae neem vir aflewering. Vandag 18 Mei is die 8e dag wat ek wag vir my debietkaart. Ek het weer FNB vele kere gebel, net om my tyd te mors, want eers moet ek met 'n rekenaar praat wat erg frustrerend is en dan nog aanhou vir 'n konsultant wat my nie kan antwoord oor waar my debietkaart is en of hoe lank ek nog moet wag nie.

0
Replies (0)