RB
Rohan B

1 reviews | Active since Aug 2020

31 Aug 2020, 20:54

Covid *****

Okay. FNB. Julle Diens het van baie goed na uiters swak, sleg, kan of wil jou nie help nie verander. Ek het sedert Lockdown begin het hulle Covid cash relief fund aanvaar. Ek het Geen kredietkaart skuld om die stadium gehad nie. En ekt voor dit aansoek gedoen op n 3 maande payment holiday op my Kar lening wat by Wesbank is. Ekt genoeg geld in my rekening gehad om als te betaal vir die tydperk nodig tot ek weer moes begin werk. Ek het van tyd tot tyd ingegaan op my banking app om te kyk wat aangaan op die Covid fund. Hulle het vir my gese dat die Covid fund slegs lenings en kostes dek wat jy het by FNB. Reg ekt geen ander lening behalwe my kar nie. En dit is gestop vir 3 maande. Nou se hulle op die Covid fund ek skuld hulle R9659 en begin toe geld uit my rekening vat. Ek is in bank toe. Hule kan my nie help nie. Bel die lenings afdeling hulle kan my ook nie help nie. Lenings se vir my toe hulle kan slegs met die Covid fund mense praat per epos ek se toe dis reg CC my in die epos wat hulle nie wou doen nie. Die mense by die FNB tak se toe later vir my om met die mense self te praat deur secure chat op my app. Wel na die 1ste persoon my nie help nie log sy af na n tyd en n 2de een begin met my gesels sy se toe weer vir my ek moet met die lening afdeling gaan praat hulle moet my kan help. Nou kook ek al. Gaan terug in by FNB en die een persoon wat my baie mooi help se toe kom ons bel weer. Kry toe n antwoord wat se hulle sal vir my teen maandag op die laatste n staat stuur wat se waarom ek hulle geld skuld. Daar is geen bewys wat se wat betaal is en hoeveel betaal is nie. Al my bank kostes kom van my tjek rekening af. En FNB kan nie vir my n bankstaat gee van die Covid fund rekening nie. Die 1 staat wat daar is wys rowwe goed. En nêrens wys dit dat dit iets betaal het nie. Tans sien ek die hele Covid funding as n bedrog spul tot hulle vir my kan state stuur wat se waar en wat is betaal. Ek wag nog steeds vir antwoorde ek het in tussen alle aftrek ordes gestop wat na die Covid fund toe gaan. En indien daar nog geld gaan aftrek sonder dat ek bewyse het van wat die Covid fund betaal het wat ek glo ek nie skuld nie. Sluit ek my rekening by hulle en gaan oor na n ander bank toe. Ons sal sien hoe kry hulle die R9659 by my.

0
Replies (0)