1 reviews | Active since Oct 2016
BITTER SWAK EN ARGELOSE DIENS DEUR KREDIET PERSOON

Hier is ek gewillig om my Krediet kaart af te betaal en het reeds begin, maar word steeds gedreig. Ek is besig om advies in te win oor optrede van die FNB personeel en FNB se verantwoordelikheid teenoor my as Afrikaans sprekende persoon en die rente wat tot my nadeel nie soos krediet ooreenkoms uit gewerk is nie.

FNB bemark die Privaat bankier as EEN ****ak persoon doen alles. Ek betaal vir ‘n diens wat ek nie kry nie. Ek het met Brenda Smith ‘n ooreenkoms gemaak na lang wik en weeg en goeie verhouding opgebou, om na ek haar ge-cc het met die e-pos van Me. Ntsie en bewyse van betalings, +-3 dae later iemand anders as privaat bankier aangestel is oor my rekening, waaroor ek bitter ongelukkig is. Ek stel nie belang nie! Duidelik is daar magsvertoon tussen personeel in FNB.

Na ek in Mei met Brenda Smith, ****ak gemaak en my finansiële situasie verduidelik het, het Brenda ‘n konverensie oproep met Krediet kaart afdeling geskep/gemaak. Ek het aan die Krediet kaart persoon (ek kan nie haar naam onthou, sal sekerlik op sisteem wees) my finansiële omstandighede verduidelik dat ek eers einde September my Krediet kaart met ooreenkoms kan begin afbetaal. Daar is vir my gesê dat die tydperk dan al te lank gaan wees. Ek het onderneem om my bes te doen om in Augustus die 1ste betaling te doen. Gaan luister gerus na die telefoon opname. Al my vooruit beplanning en skattings het nie uitgewerk soos dit moes nie, maar ek het bars of breek ten koste van my huisgesin wel in Augustus die 1ste betaling van R5000 gemaak soos ooreengekom en so ook die 2de betaling van R5000 in September. Tot my ontsteltenis merk ek nou dat dit voorkom asof FNB nie hul kant van die ooreenkoms nakom soos bespreek en word ek nou gedreig met regsaksies ens. Ek het in Oktober geen betaling gemaak en sal ook nie, totdat die rente terug werkend tot en met die 1ste betaling reg gestel is soos met afbetalling ooreenkoms.

Na e-pos en SMS ontvang is van Me. Lydia Ntsie (23/09/2016) het ek op (27/09/2016) per e-pos gereageer. Tot dusver geen terugvoer, maar wel herhaalde dreigemente! Ek weier om weer met Me. Lydia Ntsie te praat aangesien sy onprofesioneel, dreigend en duidelik nie Afrikaans magtig is nie. Stel asb Afrikaans sprekende persoon aan oor my krediet rekening sodat daar nie verdere misverstande kan ontstaan nie.

Toe ek op 2de/3de geleentheid die Krediet afdeling bel vra ek om met Afrikaans sprekende persoon te praat om verdere misverstande te voorkom aangesien Ntsie nie my Engels begryp nie; waarop ek ingelig word dat ek nie ‘n keuse het nie, as om met Me. L. Ntsie te MOET praat nie. Ek voel dat ek myself beter in my huistaal kan uitdruk en so verdere misverstande kan uits***el.

Me. L. Ntsie het in die 7de maand reeds begin met haar onbegrip en wil net verstaan en hoor wat sy wil. Haar besluit/wil afdwing. Me. L. Ntsie dring aan dat sy die enigste persoon is met wie ek MOET praat. Ek het wel genoem dat op bedrag van R5000 ooreengekom is, maar dat sy die fyner besonderhede by Brenda Smith kon kry. Me. L. Ntsie sê egter aan Brenda Smith dat ek gesê het ek begin R5000 afbetaal aan einde van die 7de maand. Dit is nie waar nie! Na ek Brenda Smith se e-pos lees Vrydag middag, bel ek Brenda Smith en lig ek haar in dat ek erg ontsteld is dat ek nou met vers****ende mense moet praat oor dieselfde saak en voel dat dit is waar daar misverstande ontstaan.

Die saak was reeds volledig bespreek met Brenda Smith en Krediet afdeling. Nou verstaan ek nie hoekom ek deur Me. L. Ntsie gebel was en gesê word dat ek nooit moet Krediet afdeling gepraat het nie. Ek stel toe voor dat sy maar Brenda Smith moet ****ak en uitklaar, wie my saak verstaan en nog altyd besonders hulpvaardig was met raad en daad.

Ek is van vroeg oggend tot laat aand buite in die veld besig en dra nie my selfoon altyd by my nie. Stuur asb ‘n E-pos aan my met ****ak besonderhede van ‘n Afrikaans sprekende persoon en ek sal terug ****ak maak so gou as moontlik.

(Ek sukel nou al vir meer as 'n week om hierdie e-pos gestuur te kry)

Krediet rek. Nr.: 44**** ********** 000

PC van Rooyen

Good day,
Thank you for taking the time to bring this to our attention. We would like to apologize for any inconvenience caused.
A formal complaint has been logged on your behalf and referred to the relevant department who will provide you with feedback.
The reference number is ***
Regards
Complaints Resolution
Melinda Duvenhage
Email address: ***
Tel number: *** (option one)
Good day,
Thank you for taking the time to bring this to our attention. We would like to apologize for any inconvenience caused.
A formal complaint has been logged on your behalf and referred to the relevant department who will provide you with feedback.
The reference number is ***
Regards
Complaints Resolution
Melinda Duvenhage
Email address: ***
Tel number: *** (option one)