CV
Christo V

1 reviews | Active since Jul 2019

17 Jul 2019, 20:49

Bad choice. More Damages to property.

Bakkie was in haal skade. My vrou is by first for women. Ons is toe deur bloem toe. Na SWIFT AUTO BODY REPAIR. CHRISTOPHER STYLE SE PLEK. blykbaar my versekering by hulle. By paneel klopers is daar somer vir ons gewys na Mnr Stoop se voertuig wat af geskryf is wat ook in haal skade betroke was van Colesberg.

Vrou wat gehelp het het vir ons gese sy gaan dit bespreek met die haal specialist wat aan voertuig gaan werk .

Sy is saam met ons deur die voertuig. Als was daar . Geen meganiese probleme nie. Bakkie nie gerook nie ook nie gestink nie

En hom oorhandig aan hulle.

Die paneel klopers bel toe my vrou en se dat die voertuig afgeskryf gaan word.

My vrou se toe sy gaan n 2de opienie kry by OFS paneelklopers . Bakkie kan nie afgeskryf word nie. Daar is nie soveel skade nie.

Na my vrou dit gese het ,proseseer hulle toe eers n eis vir die herstel van die skade of is toe ewe skielek gedgekeur vir herstel. .

Hulle laat weet toe n ruk later bakkie is reg.

My oom (Joubert van Vuuren) gaan tel toe die bakkie by hulle. En bring hom vir my Colesberg toe. My Oom lig my toe dadelik in dat die voertuig baie erg stink . En daar n vibrasie op voertuig is. Voel soos driving shaft.

Ek kry toe die voertuig en kom toe dadelik agter hier is goed nie reg aan my Bakkie nie. Ek ry toe met die bakkie en sien dat daar rook uit die bakkie se enjin uit trek. En daar n verskriklike vibrasie op die voertuig is.

Ek vat bakkie na auto aid mechanic toe. Leroux Barnat ry toe self met die bakkie en wys toe sommer n klomp voute uit.

Hy vra my toe of die bakkie in n ongelik was of iets. . Die bonnet se boude was als los. Die dak plafon was gebuig en los en gekrap.

Die alarm sensers op die dak pennel is uit gebreek en sensors is weg.

Hy se toe dit lyk of hulle aan die bakkie se Motor gewerk het.

Die radiator is toe los en die belly plate is af gehaal.

Die sensor van die linker sitplek werk toe nie meer met die seetbelt nie.

En die vebrasie op die driving shaft.

Ek maak toe ****ak met Christopher. Of altan hy bell my toe. Hy vra toe groot onverskoning. En se hy sal dit reg maak. Hulle kom haal toe die bakkie by die garage. Leroux Barnard wys toe die voute uit vir hulle. Hulle se toe vir hom hulle gaan kyk daarna.

Hulle los toe n klein bakkie vir my wat nie eers kan sluit nie.

Intusen het ek weer ****ak gamaak met Mnr Christopher . Oor die bakkie . Hy is toe nie by werk nie . By die comarades Maraton . Hy se toe later hy sal die bakkie vir my bring . Hy bring toe nie die bakkie nie. So met n gesukkel bring hy toe die bakkie terug.

Ek kry hom by shell garage in Colesberg.

Ek wys toe vir hom dat die dak dan nog steeds beskadig is waar hulle gewerk het. Hy se toe die masjien wat hulle gebruik het vir die duike op die dak die skade veroorsaak het.

Ek se toe dat die bakkie stink. Hy se toe dit is die gom wat stink. Hy se toe vir my hy gaan vir my n nuwe dak in sit.

Ek vra hom toe oor die enjin wat rook. Hy se dit is n pyp wat diesel lek . Hy het dit nie reg gemaak nie.

Die belly plate is toe nog steeds weg en die radiator hang los . Hy se toe sy mense het nie daar gewerk nie.

Hy se toe dat iemand met n kwas altyd deur als gaan om te kyk dat als reg is by sy plek. Als gaan altyd reg uit sy plek uit.

Ek besef toe dat hy niks reg gemaak het nie en net onslae wou raak van my.

Hy belowe toe my dat hy oor 3 weke vir my die dak gaan vervang met n nuwe een. Dit was die week na sy Comrades Marathon.

Hy ry toe weg.

Tot vandag toe nog niks gehoor nie.

Ek vermoed dat hulle my bakkie gestrip het vir parte toe hulle se die versekering het hom af geskry.

En toe ons hulle vas vang deur te wil gaan vir n t****e opinie hulle die parte vervang het met ou parte wat hulle erens vinnig moes kry. Dit wat hulle nie kon kry soos die Belly plate het hulle net so gelos.

Hulle my bakkie verniel. My bakkie was reg en ek n stikkende voertuig terug gekry.

Christopher het nie sy beloftes na gekom nie. Hy belowe hy sal my bakkie reg maak. Maar duidelik was hy nie daar om te sien dat ding gedoen word nie.

Hoop dit maak nou beter sin hoekom ek ontevrede is . En die sekondere skade op my voertuig is deur die paneel kloppers veroorsaak. Nie deur die primere vout(haalskade) nie.

Mnr Christopher bly se hy sal hoor by vesekering dat hulle dit reg maak. Maar hulle die skade veroorsaak.

Daar goed soos my spies wat vesekering nie reg gemaak het nie . So nou wonder ek wat het hy als geld voor gekry en nie reg gemaak het nie. Of het hulle nie die opgesit vir herstel nie.

Die hele ding by hulle is vir my baie verdag.

0
Replies (3)
1st for Women
1st for Women's reply18 Jul 2019, 08:02
Official
We acknowledge receipt of your complaint. 

We will be in contact with you during office hours to discuss your concerns. 
Kind Regards, 
The First for Women Team. 
1st for Women
1st for Women's reply18 Jul 2019, 15:47
Official
Update: 
As discussed with our Customer Relation Specialist, we will conduct an investigation into your concerns and provide you with feedback soonest. 
Kind Regards, 
The First for Women Team. 
1st for Women
1st for Women's reply22 Jul 2019, 14:49
Official
Update: 
We have been in contact with you regarding your concerns as raised in your complaint. The agreement is that we need to have a final test done on the damages, in order for us to conclude the matter. We have also make arrangements for the collection of your vehicle. 
Since the matter is an ongoing process, we confirm that further communication will be done with you telephonically. We do invite you to contact our Customer Relation Specialist if you require further assistance. 
Kind Regards, 
The First for Women Team.