1 reviews | Active since Sept 2015
SWAK diens!!!!!
Ek het 25 MEI n paar skoene by Hester en Andre bestel, toe gebeur daar n insident waaroor hulle nie beheer gehad het nie wat ek aanvaar het. Toe bied Hester aan dat sy my n gratis paar sal stuur terwyl ek wag vir my paar wat ek bestel het. Sy het gevra of ek my geld terug soek of nie en el het gese nee want hoekom sal mens iets bestel wat mens nie soek nie???? So ek het die gratis paar aanvaar vir die ooreenkoms dat hulle daai selfde week my skoene sal stuur wat ek oorspronklik bestel het. Vandag toe ek hulle bel en my **** verloor toe se Andre vir my ek is soos n kind en as ek wat die klient is sy naam gaan skade maak sal hy my dagvaar. Ek het vir hulle vandag gese ek soek n refund want elke keer as ek vra oor die skoene dan word daar verskonings gemaak van dit kom die week, dis wat ek al n maand hoor. Ek sal hierdie by die Boeremark bestuur ook opneem. As R400 vir hulle niks is nie, vir my is dit vrek baie!!!! Toe se Hester vir my sy kan my nie refund nie want hulle het klaar die gratis paar gestuur, toe ek se hulle kan n courier reel en die gratis paar kom optel en my refund toe sit Andre die foon in my oor neer. Ek was ongeskuk want ek voel 2 maande is genoeg tyd vir iets wat 14 werksdae moes vat, nou lees ek op ander reviews hulle se vir mense dit vat 21 werksdae waar ALMAL wag en niks kry nie. As jy n besigheid besit en jy se vir n klient na hulle 2 MAANDE wag dat jy hulle gaan hof toe vat moet jy regtig begin dink oor jou besigheid!!!! En ek was ongeskuk want ek is moeg gehoor as ek elke week bel dat my skoene daai week kom. Dis net leeg beloftes week na week. Ek het al my boodskappe!!!!!! Nou weier hulle om die "gratis" paar terug te vat en my te refund, asof hulle dink hulle het mens nou n guns gedoen!!! Daar is NIKS kliente diens nie en as mens hulle bel dan se Hester vir mens dat jy as die klient lastig is want hulle kry nie hulle werk gedoen nie, wel sorry as ons jou bverontrief Hester as ons 2 maande moet wag vir iets. Toe kom se jy op n whatsapp vir my dat jou dogters mens sal vat vir die hofsaak. Weet hulle hoe julle mense belowe week na week vir NIKS?? Is hulle bewus van hoe julle reviews lyk???? Ek sal nooit in my lewe iemand na julle verwys nie, vir my wat n 1ste keer by julle bestel het en dit is die diens wat ek gekry het, sal ek beslis nie my mond hou nie. Julle het julle geld mos nou gekry so julle worry NIKS oor kliente nie!
19/07/2023- So ek het gister boodskappe vir Hester gestuur, sy reply glad nie op mens se boodskappe nie en dan word daar vanoggend vir my gese dat haar "raad" wat aan haar gegee is mag sy slegs per whatsapp kommunikeer met n mens, maak julle eie beeld soveel meer skade, plaas sort julle hierdie uit op n decent manier maar as julle die besigheid wil skade maak is dit julle keuse. Ek het steeds GEEN reply gekry dat hulle n courier gaan stuur om die "gratis" paar te kom optel en my te refund nie, ek het nie gevra vir die gratis paar nie, dit was aangebied deur hulle of n refund en natuurlik wou ek die skoene he so dan aanvaar mens die offer mos, nie om verneek te word dat hulle nou omdraai en se oor hulle die "gratis" paar gestuur het kan hulle mens nie refund nie, steeds wag ek vir my "original" order se terugvoer, waarvan hulle glad nie wil praat nie. Sy het ook gister vir my gese haar 2 dogters bepaal of hulle mens hof toe vat, so nou wil ek weet, is R400 regtig die hof werd? Toe ek vir Hester vra haar 2 dogters moet my bel toe se sy vir my hulle sal dit nie doen nie. Iets in die hele besigheid klink nie reg nie.
Ek wag vir die 2 dogters om my te bel en ek wag vir die courier om die skoene te kom optel sodat ek n refund kan kry en Hester en Andre weier om met mens te praat. Nou wil hulle he ek moet die kostes dra van die courier om self n courier te reel om die skoene terug te gee voor hulle my refund. As hulle nie eers die bestelling kon doen in 2 maande nie, watter waarborg het ek dat hulle my sal refund as ek die skoene terug stuur? GEEN KOMMUNIKASIE NIE!
