CK
Carina K

1 reviews | Active since Nov 2025

19 Nov 2025, 11:12

Samantha Fourie

Vir 12 maande - Nov 2024 - Nov 2025 - het ek met Finfix gesukkel rondom terugvoering oor my FNB huislening wat agterstallig geraak het onder hulle toesig. My navraag was gestuur van Pontius na Pilatus. Baie baklei eposse, baie dreig eposse - gelys by die NCR en dan die finale epos: Finfix le die rede vir die agterstallige bedrag, voor my deur! Natuurlik was dit petrol op vuur. So enige oproep van FixFix was baklei en stry - dankie tog vir Samantha Fourie...sy het die hele saak oorgevat, deeglik ondersoek, regtig baie baie tyd en moeite in die navraag ingesit en dit uitgesort. En in die proses het sy ook baie geleer van hulle eie sisteem en meer kennis opgebou rondom sulke situasies. Want nie een profiel is dieselfde nie. Deur Samantha se deeglikheid, GEREELDE TERUGVOERING en deursettingsvermoee, is die saak opgelos. Huislening is op datum. Nie net het sy gereeld teruvoering gegee nie, sy was ook nie skaam om te vra vir hulp om saam met haar, dinge uit te werk en duidelikheid te kry nie. Nie net het sy ure op die foon spandeer saam met my nie, sy het nie eenkeer, my laat voel, ek het geen idee hoe die hele sisteem werk nie en ek is verkeerd en klaar nie. Saam het ons gesit en deur syfers gegaan, foute reggemaak en dinge weer op rigting gekry.Geen skel, geen baklei - net eenvoudige samewerking en ondersteuning van beide kante. Ek is bly ir Finfix se part, dat my navraag, op Samantha se tafel beland het. Want dit was ampertjies te laat gewees vir FinFix....Dankie Samantha....jy het jouself uitstekend van jou taak gekwyt.

0
Replies (1)
FinFix
FinFix's reply19 Nov 2025, 11:26
Official
Goeie dag Carina

Baie dankie vir die mooi en eerlike resensie. Ons verstaan dat die proses nie die maklikse is nie, maar dat ons altyd moet saam werk om enige moontlik probleme op te los. Ons is vreeslik bly om te hoor dat Samantha jou so mooi gehelp het om agter die kap van die byl te kom en seker maak alles rakende jou bekommernisse word aangespreek en opgelos. Dit is hoekom ons daar is om jou te help. 
Ons deel jou resensie met die res van die span. 

Vriendelike Groete,
FinFix Span