1 reviews | Active since May 2020
My pad saam met FinFix was nie eenvoudig nie veral nie vir my nie maar daai span weet wat hulle doen. Dit was ’n lang proses, gevul met onsekerheid, frustrasie en baie wag. Daar was tye waar ek regtig moeg en moedeloos gevoel het. Maar nou, aan die einde van hierdie reis, wil ek net sê baie dankie.
Ten spyte van al die uitdagings, was daar mense by FinFix wat werklik vir my uitgestaan het. Samantha Fourie en Armand Cilliers, ek het soveel waardering vir alles wat julle gedoen het. Julle het my ondersteun, verduidelik, geluister en deurgedruk toe ek nie meer kon nie.
Samantha ek weet jy is ’n spanleier en dat jou dae sekerlik baie besig is. Maar jy het nie net jou werk gedoen nie jy het tyd gemaak, jy het geluister, en jy het met uitstekende geduld en menslikheid gehelp om dinge tot ’n einde te bring. Ek is regtig dankbaar vir jou betrokkenheid.
Aan FinFix se hoofte! Julle het iets besonders in hierdie twee mense. Samantha verdien nie net lof nie sy verdien erkenning. Gee haar daardie verhoging toe nou!
Dankie vir julle ondersteuning. Al was dit moeilik, is ek vandag verlig en baie dankbaar
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.