1 reviews | Active since Dec 2013
FinFix en Afriskuld: Finansiële Verligting net 'n oproep weg
FinFix saam met Afriskuld bied ’n ongelooflike diens wat jou regtig help om jou finansiële bekommernis te verlig sodat jy weer kan asem haal en mens kan voel.
Eerlikwaar, dit vat baie van 'n mens om te erken jy kan net nie meer cope met al die skuld en bekommernis wat daarmee saamgaan nie. Daardie payday blues wat so oorweldigend is elke maand. Want hoe betaal jy alles??!!
Van die eerste oproep af was die konsultante net vriendelik en uiters behulpsaam. 'n Moeilike situasie is met soveel geduld en begrip hanteer, dat ek nooit skaam of veroordelend gevoel het nie.
Hulle kommunikasie is uitstekend, en hulle is altyd net ’n oproep of boodskap weg. Hulle antwoord al jou vrae met baie geduld en jy word teenvolle op hoogte gehou van hoe die proses verloop.
Ek kan hulle met volle vertroue aanbeveel vir enigiemand wat finansiële hulp benodig. FinFix en Afriskuld gee regtig om vir hul kliënte en gaan uit hul pad om jou te help en om daardie payday bekommernis weg te vat. As jy nog getwyfel het, moenie. Dit vat net daardie eerste oproep.
Baie dankie dat u die tyd geneem het om vir ons 'n goeie resensie te los. Ons waardeer jou storie en alles wat dit beteken.
Geseënde Feestyd.
Die FinFix Span
Baie dankie dat u die tyd geneem het om vir ons 'n goeie resensie te los. Ons waardeer jou storie en alles wat dit beteken.
Geseënde Feestyd.
Die FinFix Span
