1 reviews | Active since Jun 2021
DIENS VERTRAAG SOOS PROSES AANGAAN
Die ondervinding wat ek het van Finfix is oor die algemeen goed maar daar is definitief baie plek vir verbetering:
- Dit is gevoel asof hulle diens in die heel begin verskriklik goed en deeglik was; - Toe verander hulle hulle sisteem dat jy elke keer 'n ticket MOET log - DIT is waar die probleem inkom - dit is BAIE onpersoonlik want jy werk nie net met een persoon nie, ek het seker met 5 verskillende mense gepraat. - Dan die sisteem werk nie - omrede dit vat 'n dag of partykeer 2 totdat iemand terugkom na my toe en partykeer is dit sommer twee verskillende persone wat op een query jou probeer help - Die diens is baie vinnig dat jy moet betaal elke maand, maar dinge het skeef getrek die oomblik toe ek al my skuld dood gemaak het, toe raak die diens BAIE sleg. - Ek het talle maal opgevolg van my kant om te hoor of daar enige iets uitstaande is en gevra oor die foon oproepe( wat opgeneem word) wanneer die Vorm 19 gestuur gaan word - Daar word vir my elke keer belowe dat die Vorm 19 deur gestuur gaan word en dat daar gaan kyk word of daar enige iets uitstaande is, maar niks terugvoer ontvang nie. - Na 'n Volle maand NADAT ek my skuld dood gemaak het, kom een dame terug om vir my te se dat daar is 'n bedrag uitstaande aan die Prokureurs en dat die Vorm 19 nog nie afgetstuur is nie. "n Volle maand wat daar NIKS gedoen is op my leer nie nadat daar vir my gese is dit sal gedoen word. - Die nuwe sisteem gaan julle baie in die moeilikheid bring - DIT WERK EENVOUDIG NET NIE - dit is BAIE onpersoooonlik - mens wil nie noodwendig met 60 verskillende mense werk nie. - Duidelik is die dames nie bekwaam met die nuwe sisteem om te weet wie verantwoordelik is vir wat nie. - Ek dink julle moet dit sterk oorweeg om julle sisteem reg te kry en die Whatsapp nommer (sisteem) werk ook nie. - Die diens het my in die steek gelaat die afgelope maand en half waar dinge al lankal uitgesorteer kon word het.
Dankie dat jy jou ervaring onder ons aandag gebring het en ons neem kennis van tekortkominge wat u uitgewys het.
Ons waardeer u eerlikheid en ons streef om die proses so deursigtig en pynloos te maak vir ons kliente.
Vriendelike Groete,
FinFix Span
Dankie dat jy jou ervaring onder ons aandag gebring het en ons neem kennis van tekortkominge wat u uitgewys het.
Ons waardeer u eerlikheid en ons streef om die proses so deursigtig en pynloos te maak vir ons kliente.
Vriendelike Groete,
FinFix Span
