NS
Nelia S

1 reviews | Active since Sept 2013

19 Feb 2020, 22:07

Feel At Home Properties

Ons het n baie,baie slegte ervaring met Feel-at-home Properties gehad. Ons het met Gustav Kriel gereel om na ons huis te kom kyk. Hy het ons laat weet op 18 Februarie 2020, dat hy ons kan kom sien tussen 14:00 en 15:00. Om 13:43 het Gustav laat weet hy is “amper oppad”. Amper kan enige iets beteken en ons afspraak was tussen 14:00 en 15:00!!! 14:09 het Gustav op whatsapp laat weet hy is buite met n swart Jeep. Let wel, hy het nie uitgeklim en die klokkie gelui nie, want daar was 2 mense binne die huis. Ek was nie by my foon nie en het nie sy boodskap gesien nie. Ek was nie lank weg van my foon nie en toe ek weer by foon kom, sien ek sy boodskap. Ek het hom dadelik gebel, maar hy het nie geantwoord nie. Ek stuur toe vir hom: “ Ek is vreeslik jammer!!! Kan jy DALK weer een of ander tyd n draai maak? is jy ver?” Ek kry geen antwoord nie. Die volgende dag bel my man en toe antwoord n vrou en sê: “Hy stel nie belang nie en ons het sy tyd gemors.” Ons het dit toe gelos en hom nie weer ge****ak nie. Toe gaan blok hy my ma op whatsapp. Ek het in my lewe nog nie so iets beleef nie. Ons verhuur een van ons eiendomme deur Apple Properties vir 4 jaar en het ook n ander eiendom destyds deur Halbe verhuur. Ons het nog nooit hierdie gedrag gesien nie. Gustav Kriel is nou glo die bestuurende direkteur, wat n grap!

0
Replies (0)