CL
Carina L

1 reviews | Active since Oct 2018

17 Oct 2018, 16:04

Klagte oor motordienste

Goeie dag.

Ek wil graag ñ klagte indien teenoor F&D tune up centre.

Ek gaan die hele geskiedenis vandat ons die kar gekoop het tot nou toe vertel.

Ons het ñ Audi A4 2.0 Tdi 2008 model by Koos & Mike gekoop 5 Februarie 2016. Hulle het die kar laat diens by hulle ander tak namens Future Car wash centre. Alles was reg. Ons het die Maart vakansie van 2016 gaan vakansie hou in Amanzimtoti. Vanaf Vanderbijlpark oppad soontoe op Van Reenen Pas het die kar skielik in limp mode in gegaan dan kry ons net 50 km/h uit hom uit. So het dit vir die hele 10 dae aangegaan en oppad terug na Van Reenen Pas het die kar vanself weer reg gekom. Ons het so 3 weke met die kar gery toe hy dit weer begin doen. By F&D tune up centre het hulle vir ons gesê dat dit die throttle unit is was olie gekry het en ons het dit laat vervang. Ons het 3 weke sonder kar gesit. Daarna was alles weer reg. Toe kom dit by diens tyd Desember 2016. Future Car wash centre het die kar gediens en ons het die 19 Desember by hulle gaan haal. Daar was ñ los plaatjie by die tensioner pulley wat hulle nie vas gemaak het nie. Ons het die kar weer na hulle toe gevat dat hulle dit moet regmaak. Ñ maand later 20 Januarie 2017 was ons na ñ troue toe genooi in Carltonville. Oppad soontoe elke keer as jy die clutch trap sny die kar uit. Die volgende dag oppad terug het die kar nogsteeds so gemaak. So 7 km van die huis af het die kar weer uitgesny en dit was die laaste, ons kon hom nie weer start nie. Ons hethalf ñ bakleiery oor die foon gehad met Koos dat sy mense die kar gediens het. Hy het toe vir F&D tune up centre gekry om ons huis toe te sleep en die kar is toe na hulle toe. Maandag oggend het die eienaar van F&D tune up centre Oom Frikkie my ges***el en gesê ek moet kom kyk wat aangaan. Die tensioner pulley se boud het in die head af gebreek en R11000 se skade op die engin opgedoen. F&D het toe vir ons die kar reg gemaak maar het nooit nuwe boude op die head gebruik nie. Hulle het die ou boude weer ingesit. Skielik het die kar ñ olie lek tussen die head en die blok en Derek het gese ons kan so ey met die kar ons moet net die olie vlak dophou.

Nou hierdie jaar 2018 net voor paas naweek was die kar wees gediens by F&D tune up centre. Ons het gaan visvang by Boschkop dam vir die lang naweek. Toe ons daar aankom het die kar se temperatuur liggie aangekom (eerste keer in 3 jaar). Ek het toe water ingegooi en iets vreemds opgelet. Daar was swart olie in die water tenk. Ons het F&D tune up centre gebel en gevra wat kan ons doen toe sê Derek ons kan na die naweek die kar vir hom bring. Ek het hom gevra of dit veilig is om so met die kar te ry en hy het gesê dat ons wel so kan ry dit sal nie skade maak nie. So het ons die naweek toe met die kar gery. Sondag 1 April was my vrou oppad terug van die winkel af wat bo by die hekke van die oord is toe die kar heeltemal uitsny. Ons het die kar probeer jump start maar dit het nie gewerk nie, ons het probeer om die kar aan die brand te sleep maar dit het ook nie gewerk nie. My skoonpa moes ons kom haal en terug sleep huistoe. F&D het die kar die 4de April by ons kom haal om reg te maak. In die eerste 5 maande het hulle ons verniet die injectors laat regmaak. Ons het toe vir die head ook betaal want die kar het head gasket geblaas. Toe moes ons weer vir die computer box betaal wat witroes gekry het. Toe sukkel die kar om te start en toe was dit die starter. Hulle het toe die starter gerecon en dit is betaal. Ons het julle gevra om die tirbo vir ons te stel want hy boost te laat. Nou werk die turbo glad nie.Daarna het ons die kar vir die eerste 2 weke van September weer gehad. In die twee weke het die kar glad nie krag gehad nie want die turbo werk nie. Die Vrydag 14 September was ons dorp toe en die kar het gekook. By President Hyper was daar ñ dam water onder die kar en toe weer by Checkers. By Checkers toe ons die kar wou start het die kar ñ snaakse geluid gemaak wat klink soos iets wat blaas. Ek het afgesluit en die sleutel uitgehaal en die geluid het aangehou vir omtrent 10min. Toe maak hy skielik ñ geluid wat klink soos ñ draad wat ontplof. Ons moes die kar toe weer huistoe sleep. Sondag 16 September het ons weer die kar na F&D toe gesleep en hulle het toe gesê dat dit die starter is. Dis nou letterlik 6 maande later en die kar is nog steeds nie klaar of reg nie. Intussen moet my skoonpa ons rond karwy met sy bakkie wat swaar is op petrol.

Nou wil ek net graag weet wat staan ons te doen om die kar weer terug en 100% reg te kan kry want dit kos ons net geld en die mense kry nie die kar se fout nie.

Kan jul ons groot asb help.

Groete

0
Replies (0)