HP
Hannelie P

1 reviews | Active since Aug 2013

17 Sept 2018, 21:35

Pasop vir Rudolp Erasmus en Eye 4 Wood op De Aar

Ons het Rudolph Erasmus ge****ak vir kombuiskaste. Sy idees was uitstekend en na die deposito betaal is, is ons verwittig dat die werk 3 weke sou neem. Ons was baie gelukkig daarmee en baie verras toe ons na 'n week laat weet is dat die kaste reg is vir instelasie! Die werkers het op 'n Donderdagmiddag na 3 geariveer en die bokse begin insit. Vrydag daag hulle 11 uur op, en begin saag en verf...nie EEN kasdeur het gepas nie. Teen 21:00 is hulle weg met byna al die werk gedoen, maar alles was skeef. Met 'n belofte om dit 'n week later te kom klaarmaak, is hulle daar weg. Soos belowe het hulle teruggekom, en ten spyte van 8 ure se werk, was die deure, skaniere en handvatsels steeds skeef. Ons is in een dag 3 keer gevra om asb die uitstaande geld oor te betaal, tot my spyt het ek dit gedoen!

Rudolph is telke male ge****ak (ek het al sy korrespondensie) met beloftes maar na weke kon ek niks uit hom kry nie. Die werkers was uiteindelik weer 2 maal hier, die laaste keer 12 ure, maar hoe meer hulle saag, skaaf en stel, hoe erger word die probleem!

Ten spyte van elke keer wat ons moes hoor "ek gee jou my woord", is die probleem steeds daar!

Hierdie is 'n waarskuwing aan almal wat daaraan dink om van Rudolph Erasmus en Eye 4 Wood gebruik te maak.

0
Replies (0)