BJ
Berinda J

1 reviews | Active since Jan 2023

08 Mar 2024, 11:14

Karretjie en Scooter. Puik Diens en produkte ontvang

Baie dankie Exclusive vir julle goeie diens. Ek is nog n outydse koper. Ek wil graag goed sien en vat voordat ek koop, maar ongelukkig is ek in die middel van niks en nerens en kon nie gaan sien en voel nie. Ek het toe die *** nommer ge****ak vir hulp om die regte karretjie vir my kleinkind te kry. Hulle het my so mooi gehelp. Verskeie adisionele fotos en videos vir my gestuur en vir my so mooi gehelp met die groottes. Ek het toe n Grand UTV 4XL gekoop. Hy was binne 3 dae by my gewees. Hulle het hom ook vir my aanmekaar gesit soos versoek deur my en toe hy hier aankom het ek n oulike boodskappie op die karretjie gekry vir my kleindogter se verjaarsdag gelukwensing en so ook n nommerplaaitjie met haar naam. Alles verniet. Mens sal dink hulle vra koerier op so groot boks, maar dit was ook verniet. Ek is baie beindruk. My kleindogter ry vreeslik lekker in haar karretjie. Hy is stewig en lekker groot so sal haar ook lank hou.

Net van dag 1 een die beste diens en hulp ontvang en so beindruk met die gehalte. Ek het ook n iglide scooter vir myself onlangs bestel en hy werk vreeslik lekker vir dorp toe en terug ry. Baie oulik

Met alles in oog sal ek verseker aanhou hulle ondersteun en sal vir almal voorstel om by Exclusive aan te koop.

0
Replies (0)