MK
Marize K

1 reviews | Active since May 2018

21 Jun 2018, 17:15

Europcar doen nie hulle werk en boelie my met swartlys

Beste Althea, Alrich, Gloria en Europcar Meer as 'n jaar gelede het ek aan julle verduidelik waarom ek nie bereid was om die volle bedrag te betaal vir 'n motor wat ek gehuur het toe my motor in was vir herstel werk.

Ek het na aanleiding van geld wat ek reeds betaal gehad het, so wel as swak en misleidende diens verduidelik en baie spesifiek uiteengesit dat ek bereid is om slegs 'n gedeelte van die geld te betaal. Toe Althea my weer in November 2018 ge****ak het, het ek weer die saak aan haar verduidelik en al die korrespondensie aangestuur. Sien hieronder. Beide Gloria en Althea het gesê dat hulle my saak oor handig het en dat dit ondersoek word. Ek het self ook opgevolg in die verband. Ek wag tot vandag toe nog vir terugvoer van julle af en is steeds bereid om die volgende te betaal - die R31 per dag vir die kwytskeldingspolis vir die 17 dae wat ek die motor(s) gehad het (R31 x 17 = R527) en die balans vir die eintlike rekening vir die buffer wat destyds aan my gestuur was R2724.46 - R1694.12 = R1030.34

Dit beteken ek is steeds bereid om R1557,34 te betaal, maar julle het nooit na my toe teruggekom in die verband nie.

Ek het egter op 12 Junie 2018 'n sms gekry van die NBA dat ek nou op die swart lys is (Ref ********** 0). Dit is onaanvaarbaar, aangesien ek met 'n billike voorstel en aanbod na julle toe teruggekom het en julle my net geïgnoreer het.

Ek eis dat julle lys afhaal en my aanbod aanvaar word om R1557,34 van die uitstaande gelde te betaal. Ek kan nie verantwoordelik gehou en geboelie word vir julle werknemers se nalatigheid en swak diens nie en omdat julle mense nie behoorlik 'n saak ondersoek nie.

Kan nou maar ek die bedrag van R1557,34 in die onderstaande rekening inbetaal sodat ons die saak kan afhandel?

Bank: First National Bank

Account holder: Europcar South Africa

Account Number: ********** 2884

Branch code: 255005

Ref Number: ********** 0

FW: Marize de Klerk (Ref ********** 0) Europcar Account Number - ********** 0 RE: From: Gloria van Zyl; Please Return Call Marize de Klerk Althea Du Plessis ********** ********** ********** ********** ********** ********** ********** ********** ********** ********** ********** Althea, Alrich en Gloria

Dis die einde van die dag. En die enigste reaksie wat ek op die boostaande e-pos gekry het wat ek gister die wêreld e-pos gekry het is die Verbruikerskommissie wat vir my vorm aangestuur het om julle te verkla.

Van Europcar het ek steeds geen reaksie omdat hulle nie 'n behoorlike diens gelewer het nie, nie 'n saak behoorlik ondersoek het en nooit na my toe teruggekom het oor my voorstel om die saak te hanteer nie. Net 'n dawerende swye waarmee julle my nou probeer boelie omgeld aan julle te betaal, wat nie geregverdig is nie.

Indien ek nie teen more van julle hoor nie. Gaan ek die bedrag geld soos wat ek aagedui het in my vorige e-posse, aan julle oorbetaal en dan verwag dat die saak afgehandel is en julle my van die swartlys onttrek.

Vriendelike groete

Marize Ek kan dit nie hier aanheg nie, maar my e-posse wat ek bestuur het bevat kopieë van al die dokumentasie. Doen julle werk en hou op om my die sondebok te maa****!

0
Replies (4)
Europcar
Europcar's reply22 Jun 2018, 08:37
Official

Good day,

Thank you for your post

Please would you be so kind as to provide your rental agreement number in a private message in order for us to assist you

Thank you

Europcar

MK
Marize K's update22 Jun 2018, 13:15
Reviewer Update
Hi HelloPeter / Europcar This is some of the reference number stuff, I put in my previous correspondence: Marize de Klerk (Ref ********** 0) Europcar Account Number - ********** 0 As I said I have the documentation and the trail of communication that I can forward to you if you provide me with an e-mail address. If every one did their work as they were supposed to, I would not even have to forward you all of that. I also again spoke to Alrich Hans at Europcar this morning. He works in the same division office where Althea and Gloria worked that was responsible for my mails te be sent back to whatever other Europcar division for investigation. He said he again passed it on and will get back to me. But, considering the history about getting back to my between his company and Europcar, I am not holding my breath. As I said to him I will pay the amount I indicated I consider being fair TODAY, but then I must be removed from that list TODAY and I would like confirmation of me being cleared in writing. Regards Marize
MK
Marize K's update22 Jun 2018, 16:44
Reviewer Update
Beste Europcar Gloria van Zyl het my netnou terugges***el en ge-e-pos. Blykbaar na al die bohaai wat ek opgeskop het, het haar bestuurders nou ingestem om my aanbod om R1557,34 vir die hele gedoente te betaal te aanvaar. Sy sal vroeg volgende week vir my die papierwerk stuur met die die bankbesonderhede. Ek het ook gesê dat ek verwag om 'n brief te kry wat aandui dat ek nou van die swartlys afgehaal is. Dit moet vergesel word van die nodige dokumente of bewyse dat ek wel afgehaal is van die kredietburo se lys omdat ek nie oor 'n jaar of wat van nou probleme wil hê as ek aansoek doen vir 'n huislening of as my finiansiele geskiedenis nagegaan moet word nie. Ek wens regtig Gloria se base was so effektief soos sy, dan was die onsmaaklikheid regtig nie nodig nie. Miskien moet julle eerder vir Gloria eerder bevorder word na bestuurder of die persoon wat die besluite neem en toesien dat dit uitgevoer word. Terwyl ek die boodskap skryf het Charne van Telesure my ook gebel om te sê dat die geval opgeneem word met Europcar se streeksbestuurder of iets en dat hulle sal terugkom na my toe. Ek het vir Charne gesê dat Gloria gebel en ge-e-pos het en ook vir haar Gloria se e-pos aangestuur waarin sy aandui dat Europcar my aanbod aanvaar. Groetnis Marize
Europcar
Europcar's reply25 Jun 2018, 09:01
Official

Good day,

We are pleased to hear that you have been assisted with a positive outcome

Thank you

Europcar