CP
Carl P

1 reviews | Active since Nov 2017

24 Nov 2017, 14:51

Ekstra onnodige kostes

Nadat ons als in ons ****rak met ERA Jeffreysbaai nagekom het bv. die huis moet skoon en netjies wees in dieselfde toestand soos ontvang en die eienaars eers 2weke na inspeksie by hul huis aangekom het moes ons weer betaal vir die skoonmaak van die huis. Die eienaar van ERA Jeffreysbaai was tevrede met die toestand van die huis tydens inspeksie. Onnodige ekstra kostes is afgetrek van deposito wat onredelik is. Ons het die eienaar van ERA Jeffreysbaai laat weet dat hulle onredelik is met die ekstra kostes en dat ons media toe sal gaan met ons ervaring. Sy het toe allerhande slim verskonings gemaak vir die aftrek van die kostes wat nêrens in ****rak voorkom nie en het gedreig dat ons die "verkeerde perdjie opsaal" indien ons media toe gaan met ons ervaring. Ek sal niemand aanbeveel om gebruik te maak van ERA Jeffreysbaai se dienste nie.

0
Replies (1)
CP
Carl P's update24 Nov 2017, 21:32
Reviewer Update
Dankie sal nie gebruik maak van ERA nie!