1 reviews | Active since Feb 2020
Ons het werklik goeie diens ontvang vanaf die personeel van ER24 (Klerksdorp area). Met aankoms om my ma te versorg, het ons vir Eugene(bestuurder) en Johanné Minnaar (bemanning) ontmoet. Hulle was baie professioneel in wat hulle gedoen het, maar ook baie simpatiek en geduldig met my moeder wat hulle moes vervoer. Op geen stadium het hulle ongeduldig met haar geraak nie en haar baie mooi hanteer. Johanné het ons op hoogte gehou van m th moeder se vordering en toe sy klaar opgeneem was in dis hospitaal. Dit was met 'n baie gerusste hart wat ons my moeder in hulle sorg kon laat. Dankie vir julle puik diens en die feit dat julle so mooi met haar gewerk het om haar op haar gemak te laat voel. Wens daar kan meer wees soos julle. Hou ER24 se naam hoog.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.