1 reviews | Active since Nov 2011

25 Jul 2016, 17:21

Poor Service & Unsafe Practices - EPR Security

Ek sal nooit weer van EPR se dienste gebruik maak of dit aanbeveel nie.

Behalwe vir baie probleme met installasie van die stelsel op my perseel, het ek ook verskeie probleme ervaar, van vals alarms tot seine wat kwansuis nie deurgegaan het na die beheerkamer toe nie.

By een geleentheid kon hulle nie die perseel betree nie want hulle het nie die sleutels by hulle gehad nie - dit was kwansuis in 'n ander motor.

Tydens die ondertekening van die ****rak met EPR het hulle aangedui dat daar reeds deur hulle 'n "master lock" op die hek was omdat die vorige eienaar ook van hulle dienste gebruik gemaak het, alhoewel ek aan hulle moes sleutes voorsien om toegang tot my perseel te verkry.

By beeindiging van die ****rak weier EPR om enige sleutels aan my terug te besorg of om die slot op my hek te vervang.

In die geval waar EPR 'n "master" slot op die klient se perseel installeer, neem ek aan dat kostes betrokke is tydens installering van so 'n "master" slot.

Dit beteken dan ook dat al hul kliente se slotte, wat toegang tot elke betrokke perseel verleen, deur een sleutel oopgesluit word.

By verstryking van my ****rak bly EPR steeds in besit van die sleutels en het steeds toegang tot my perseel.

Daar word van die klient verwag om self sy slotte te vervang.

Dit als goed en wel maar hoeveel van EPR se ex-werknemers loop rond met sleutes van kleinte of vorige kliente?

Indien u 'n klient van EPR was maak seker u vervang u slotte wat toegang gee tot die perseel.

Indien u 'n huidige klient van EPR is, neem kennis dat "master” slotte blykbaar gebruik word en alle wagte maak gebruik van 'n "master key". Indien die "master key" in verkeerde hande beland is dit 'n hoe risiko vir alle EPR en ex-EPR kliente.

0
Replies (0)