AK
Annalize K

1 reviews | Active since Oct 2011

27 Oct 2015, 15:12

Baie dankie vir jou vriendelikheid

Ons kar het gebreek tussen Colesberg en Bloemfontein. Ons is deur Miway ingesleep Bloemfontein toe. 12:00 die middag het ons verneem dat ons voertuig nie gaan reg wees nie en dat ons moet oorslaap. JJ motor repair het ons na Ellen Boyes Gastehuis geneem waar ons deur Ina ontvang is, Sy het ons dadelik in 'n kamer gesit wat lieflik skoon en netjies is, en gese ons kan daar bly tot ons kar reg is. Sy het definitief die ekstra myl vir ons gedoen. <br> <br> Ek wil net vir haar baie dankie se en ook aanbeveel dat as iemand slaapplek nodig het in Bloemfontein, dan kan julle met gerustheid haar ****ak.<br> <br> Die plekkie is netjies, versorg en jy kry vriendelike ontvangs by aankoms.

0
Replies (0)