PV
Piet V

1 reviews | Active since Oct 2016

18 Jul 2022, 07:35

Electricall Caledon, Gert Koegelenberg

So koop ek n voertuig hyster vir my werkswinkel. Probleem is, dit is 3 fase en ek sal dit graag enkel fase wou hê. Ek nader toe die profesionele mense by Electricall in Caledon. Gert Koegelenberg staan my te woord. Hy het die regte oplossing!! n VSD. Volgende dag kry ek n kwotasie. R12000.00. Dit moet vooruit betaal word. Ek betaal toe en wag so 3 weke vir die ding om te kom en te installeer. Lang storie kort, die ding is n totale flop. Een maal halfpad op gelig en daar staan die ding. Nou verander due hele storie. Die stelsel kan blykbaar nie die helfte van sy kapasiteit optel nie. Dit is ook n leuen. Die hyster kan nie eens sonder gewig optel nie. Ek kla daaroor en R7260.00 word aan my terugbetaal, met n oproep dat ek betaal is en moet ophou om hulle te pla (?). Ek het hom genader vir besigheid, ek het hom betaal. Ek het geen waarde vir my geld gekry nie. Net n dreigende houding. My hyster werk nie en dit kos my R4000.00. GOEIE BESIGHEID VIR JOU GERT KOEGELENBERG. As ek kon sou ek nie eens 1 ster gradering gegee het nie.

0
Replies (0)