1 reviews | Active since Jun 2016
El Toro Swak Diens!
Ons het 3 weke terug begin soek na 'n klein varkie vir 'n spitbraai. Ons het juis vroeg begin omdat ons weet sulke klein varkies is moeilik bekombaar. El Toro ****huis in Vanderbijlpark het laat weet dat hulle een gekry het. Die varkie sou die komende Dinsdag ge**** word en ons kon dit Vrydag (6 Desember 2019) gaan optel. Ene Neels het belowe hy merk dit vir ons en ons het nie verder gesoek nie, perfekte gewig van 26kg. Groot was ons skok dus toe my seun daar opdaag om die varkie te betaal, net om te hoor die varkie is aan iemand anders verkoop!! Natuurlik was ons baie omgekrap daaroor, ons het die vark bespreek, ons het 100 mense wat gaan opdaag en hier sit ons sonder vleis! Neels belowe hulle **** weer die volgende Dinsdag. Hy sal een vir ons kry en my Woensdag bel om te laat weet. Woensdag het gekom en gegaan en ek moes uiteindelik vandag, Donderdag 12 Desember, self bel om te hoor wat aangaan. Grietjie, die manager het beloof om dit op te volg en terug te kom na my. Sy het my ges***el, net om te se, jammer, hulle kan ons nie help nie, hulle kry nie een nie. Jammer???? Wat gaan dit my help?? Twee weke voor kersfees, alles gereel, venue is reg, spit gereel en 100 mens oppad, maar geen vark?? Gaan jammer my gaste se mae vol maak? Hulle patetiese jammer gaan niks verander aan hulle uiters swak diens nie. As ek nog op die nippertjie probeer reel het, was dit 'n ander saak, maar VYF weke voor kersfees het ons al met hulle gepraat. Ons het al die ander weggewys wat ons kon help. So, waar gaan ek nou een kry?? Moenie by El Toro gaan koop nie. Slegte diens, nee, GEEN diens! El Toro? Nee, ek dink nie so nie, EL NULA eerder.
