CVdL
Chrizan Van der Linde

1 reviews | Active since Aug 2023

23 Jul 2024, 13:44

Diens?? Daar is geen.

Ek het glad nie goeie diens ervaar nie. Ek het die 29ste Junie 'n online bestelling gedoen en betaal. Die 3de Julie het ek 'n boodskap gestuur om te hoor wanneer ek die courier kan reel vir die pick up. Ek is gevra my bestelnommer en details, en ek het dit deurgestuur. Niks weer gehoor nie. Die 11de Julie het Zander my ge****ak, deur te sê hulle het my bestelling ontvang, en is besig om dit te verwerk. Woensdag die 17de Julie het ek gevra wanneer ek die courier kan boek, toe sê hy dat die goed Vrydag (19 Julie) daar sal wees, en dat hy my dadelik sal laat weet. Vandag is Dinsdag, die 23ste Julie, en steeds niks. Vandag is daar gesê hulle ontvang eers die goed Donderdag (25 Julie). Ek verstaan nie hoekom 'n online bestelling byna 'n maand vat om gereed te wees nie. En so ook wys die webtuiste dat hulle voorraad het van die items, maar dan wag jy steeds so lank. Nou het ek vir Zander laat weet ek soek 'n refund, want ek weier om solank te wag hiervoor. Nou antwoord hy my nie.

0
Replies (1)
CVdL
Chrizan Van der Linde's update23 Jul 2024, 13:49
Reviewer Update
En net so by the way: Hulle webtuiste sê orders word binne 7-10 werksdae geprosseseer...
17 werksdae is waar ons al trek...