H
Hannes

1 reviews | Active since Aug 2021

02 Aug 2021, 15:13

Beste Diens ervaring ooit!

Wat n awesome ervaring was dit om ons trek vanaf Paarl na Bloemfontein deur Eezi Move te laat vervoer. Julle personeel was uiters professioneel en vriendelik. Hulle het regtig in die ware sin van die woord ons trek na "Eezi Move" laat lyk. Julle personnel het met die oplaai en aflaai, al glimlaggende presies geweet wat hulle doen, ons kon net terugstaan en sien hoe passie en ywer ten toon gestel word.

Eezi Move en Eezi Move personeel het dit vir ons maklik gemaak om te trek. Ons is hoogs tevrede met julle uitstekende diens, Vriendelike personeel en lae kostes. Ons sal julle enige tyd aanbeveel by vriende en kollegas.

0
Replies (1)
Eezi Move
Eezi Move's reply02 Aug 2021, 19:49
Official
Beste Hannes,

Baie dankie vir die goeie terugvoer. Ons is dankbaar om te hoor alles het goed verloop.

S***el gerus as julle weer ons diens nodig het!

Groete,
Eezi Move Span

Best regards,