SW
Sonja W

1 reviews | Active since Feb 2014

19 Oct 2020, 14:00

Ongeskikte sraff

Ongeskikte staff. Ek en my man het by Durbell Tygervallei ingestap opsoek na 5kg Tripple Orange All purpose cleaner. Ons het deur se 2 rakke geloop toe ons op 2 dames en n man afkom, die man het n groot boks vas gehou en was duidelik besig om iets af te lewer, altwee dames was besig om hom te help. Ek het gevra of is altwee dames besig om hom te help of kan een van hulle ons help? Jeanette Rossouw het gesê: "dit hang af wat julle soek" ek het geantwoord dat ons opsoek is na tripple orange. Sy het baie beskaafd en beleefd na rakke toe gestap om my te wys waar dit veronderstel is om te wees. Saam kom ons toe op die klein 500ml houertjie tripple orange af. Ek sê toe, hier is dit maar dis ongelukkig die klein een. Is daar nie n groot een nie? (Hou asb in gedagte dat ek nie bewus was dat Jeanette nou net aanstoot geneem het toe ek gevra het of moet altwee dames die man help of kan een ons help nie.) Haar antwoord was, dis half logies as daar net n klein een is dat daar nie n groot een ook is nie, anders was hy op die rak. Ek kon nie glo wat my ore hoor nie! (Ek beseef steeds nie sy is nog onsteld oor my vraag vroeer nie.) Ek sê toe vir haar, hemel maar jy is ongeskik met kliente, en dis toe sy afhaak en vir my vertel maar ek was eerste ongeskik dis hoekom sy nou ongeskik is met ons, ek kon nie glo wat my ore hoor nie, ek het probeer verduidelik dat ek niks bedoel het toe ek gevra het of kan een van hulle 2 my help nie want die man het n helse boks gehad, ek weet mos nie of is altwee nodig om hom te help nie. Die vrou was so ontsteld ek kon sien sy was woedend. Ek het vir haar gesê ek gaan haar aangee waarop sy my gevrra het of moet sy haar naam bordjie afhaal van haar hemp af sodat ek nie haar naam vergeet om haar te kan aangee nie. Daarop was ek nog meer verbaas, ek het vir haar gesê nee dis nie nodig nie, en het n pen uitgehaal om haar naam neer te skryf, sy het gevra om haar asb aan te gee want daar is baie mense soos ons. Ek kon nie glo wat ek besig was om te hoor nie, ek het haar op die skouer getik en gevra sy moet asb bedaar want sy was vreeslik opgewerk gewees. Die vrou moet liewer rakke reg pak agter waar niemand haar kan sien nie. Sy moet regtig nie met julle kliente op die vloer werk nie, sy is nie n aanwins vir julle besigheid nie. Ek gaan gereeld daarheen en ek hoop regtig om haar nie weer te sien nie.

0
Replies (0)