1 reviews | Active since Nov 2017
Swakste courier besigheid waarmee ek nog te doen gehad het.
Verelede week Maandag, 13 Julie, het ek 'n pakkie vanaf Bloemfontein na Johannesburg gestuur na 'n firma toe. Versoek was vir aflewering gedurende kantoor ure. DSV het die dag van die aflewering eers 18:16 op 15 Julie probeer om die pakie af te lewer. Die pakkie is toe eers op 19 Julie finaal afgelwer. (PAK5D***7)
Dit is die swakste diens wat ek nog ervaar het en sal hierdie firma nie aanbeveel nie.
FNB het my bankkaart op 14 Julie via DSV Mounties gestuur vanaf Johannesburg na Bloemfonetin. My versoek was dat dit by die bank afgelewer word maar DSV het gesê dat hulle dit vir my moet bring. Op Maandag 20 Julie het DSV my ges***el en die afleweringsadres vas gemaak. Ek het hulle uitdruklik gevra dat aflewering tussen 07:00 en 16:00 in die week plaas moet vind. Toe ek Donderdag 23 Julie nog niks gehoor het s***el ek toe die Bloemfontein tak. Daar het niemand hulle fone geantwoord nie. Ek het later weer die Johannesburg nommer ges***el waar ek vertel is dat aflewering geskeduleer is vir Saterdag 25 Julie. Ek het verduidelik dat die nie is wat ek versoek het nie en hulle het onderneem dat die Bloemfonte tak my nog die selfde dag sal s***el om reelings te tref. Ek hety niks van hulle gehoor nie. Op Vrydag net na 08:00 het ek die Bloemfontein tak probeer s***el waar die s***elbord operateur my na die betrokke afdeling deur ges***el het. Na 16 minute se aanhou het die foon outomaties af gegaan. Ek het hulle weer probeer s***el maar sonder sukses. Later het ek die Johannesburg nommer ges***el waar hulle onderneem het om 'n e-pos aan Bloemfontein te stuur om my dringend te s***el. Teen 08:54 het ek nog niks gehoor nie en weer die Bloemfontein task ges***el waar die s***elbord operateur vir my gesê het sy sal die betrokke afdeling versoek om my voor 10: terug te s***el. Ek wou by die bestuurder van die tak kla oor die swak diens maar selfs daar was geen antwoord nie. Na ek 'n bohaai opgeskop het het DSV my om 09:14 ges***el en gesê dat my kaart 10:30 afgelewer sal word. (Ref ***) Na ek by verskeie mense gekla het oor die diens is my kaart om 10:19bby my af gelewer.
Thank you for bringing this to our attention. Kindly note that your review has been escalated to the relevant department and a team member will be in contact with you to resolve the matter as soon as possible.
Kind Regards,
DSV Management
Thank you for bringing this to our attention. Kindly note that your review has been escalated to the relevant department and a team member will be in contact with you to resolve the matter as soon as possible.
Kind Regards,
DSV Management
