CJ
Chris J

1 reviews | Active since Dec 2011

12 Sept 2019, 20:53

Onmoontlike opsie om te migreer vanaf Select2-pakket EN webblad wat my nie toelaat om in te log nie.

Ek het vandag 'n SMS-boodskap van DSTV gekry om my in te lig dat ek van einde Oktober 2019, nie meer my Select2-pakket kan gebruik nie. Select2 gee my toegang tot kanaal 144, 'n Afrikaanse kanaal, teen R360 per maand. Dit lyk asof die enigste ander pakket wat kanaal 144 aanbied, die Premium-pakket is teen drie keer soveel per maand. Dit is nie aanvaarbaar nie en ek sal dit beslis opneem met die verbruikersraad. Toe ek probeer inteken op my DSTV-rekening om meer inligting te soek, kon ek geen manier vind om in te teken nie. Op elke skerm word ek vertel dat elk eers moet inlog, maar daar is geen toegang tot 'n skerm waar ek kan inlog nie. Dis weklik 'n swak klante-ondervinding (CX).

0
Replies (0)