LM
Lizette M

1 reviews | Active since May 2009

12 Dec 2017, 18:16

BAD ATTITUDE TOWARDS ACCOUNT FAULTS ON THEIR SIDE

Ons is al vir etlike jare intekenare van DSTV en het al by verskeie geleenthede probleme ondervind met hulle rekeningstelsel.

Nou onlangs was daar probleme aan hulle kant waar hulle ons dienste opgeskort het en ons vir 'n lang ruk moes sukkel sodat hulle ons weer gekonnekteer kon kry. Hulle het toe aangedui dat die "price lock" wat ons op die rekening gehad het, nou verstryk het en dat ons normale tariewe moet begin betaal. Dus ook die rede waarom hulle die dienste opgeskort het. Ons het nooit iewers aansoek gedoen of geteken vir "price lock" nie so ek weet nie waar kom hulle daaraan nie.

Van daar af, word ons dienste elke week opgeskort al is ons rekening op datum betaal.

Op een stadium het iemand gepraat van die debietorder wat teruggestuur is onbetaald - daar was nog nooit 'n debietorder op die rekening vir die afgelope aantal jare nie.

Volgende keer was dit weer as gevolg van die price lock wat veroorsaak het dat ons agterstallig is. Elke keer word die rekening na 'n supervisor verwys of die price lock afdeling, word ons belowe dat hulle sal terugs***el en indien hulle wel terugs***el, word ons die versekering gegee dat alles uitsorteer is en ons dienste nie weer beëindig sal word nie.

Hierdie week was ons weer afges***el en toe is ek meegedeel dat daar 'n debietorder van ongeveer R400.00 is wat teruggestuur is, soos reeds genoem is daar geen debietorder op die rekening nie.

Weereens is ek belowe dat hulle sal ondersoek instel, die rekening "expedite" en terugs***el, wat nie gebeur het nie.

Ek het sopas 'n SMS ontvang om dringend die rekening te vereffen. Die rekening is op datum nog al die jare.

Elke maal as mens soontoe s***el moet jy vir ure aanhou, gesels, jouself identifiseer en dit alles geld wat uit my sak uitkom vir oproepe ens en niemand doen niks daaraan nie.

Ek het hulle Maandag meegedeel dat ek hulle net tot Maandagaand kans gee om die rekening uit te sorteer anders neem ek dit verder, wel niks het gebeur nie en nog steeds sukkel ons.

DSTV wil net geld hê en dit is ook die rede waarom hulle aandring dat kliënte debietorders teken, sodat hulle kan geld vat uit die mense se bankrekeninge soos dit hulle pas.

Ek sal dit waardeer indien u die aangeleentheid kan ondersoek asb.

0
Replies (1)
DStv (MultiChoice)
DStv (MultiChoice)'s reply13 Dec 2017, 07:30
Official

Dear Lizette

We acknowledge receiving your complaint. Feedback will be communicated as soon as possible.

Kind regards

DStv: Hello Peter Team