1 reviews | Active since Feb 2016
Rekening nie ontvang nie en word toe gedagvaar.
Dr Piek het my vrou se bevalling gedoen. Daar was komplikasies met haar wond en toe moes sy teruggaan dr toe en hospitaal toe. Ons kry toe nog 'n rekening vir 'n konsultasie in Feb 2015. Ons het in Feb 2015 sms'e gekry van 'n uitstaande rekening. My vrou het betalings gemaak deurentyd en in Mei 2015 die laaste van 'n uitstaande bedrag. Daar is vir ons ges? om te wag en te kyk of die medies nie die kostes betaal nie. Dus het ons nie die volle rekening betaal nie. Deur die swangerskap het die vrou wat met die rekeninge werk verkeerde kodes gebruik vir die mediese fonds, waarna ek medies moes s***el en toe s? hulle dat die vrou dit moet regmaak. Sy het dit reggemaak en hulle het van die rekeninge betaal. Die laaste besoek is toe nooit betaal nie, maar ek het ook nooit weer 'n sms of epos gekry van die uitstaande bedrag nie. Die dame het ons toe oorhandig aan die prokureurs (volgens haar in September 2015). Ek het aangeneem die medies het betaal aangesien ons nie 'n rekening gekry het nie. op 09 Feb 2016 het ek 'n sms gekry vanaf die prokureurs dat ons uitstaande saldo van R 625.72 oorhandig is. Toe my vrou gaan om te betaal toe skuld ons oor R 900 want prokureurskostes het bygekom.
