iO
ina O

1 reviews | Active since May 2012

13 Jul 2022, 06:47

Droomtroue

Die advertensie is vir ‘n Droomtroue waar R500 000.00 tot jou beskikking gestel word om jou Droomtroue te reel.(Geen bybetalings word in die advertensie genoem nie)

Wat beteken dat omtrent enigiets moontlik is en die bruid en bruidegom (en ouers want dit is vir hulle net so groot dag soos vir hulle kinders) presies kan kry waarvan hulle droom.

Uiters Swak kommunikasie Boodskappe en vrae is net eenvoudig ignoreer. Daar was omtrent geen kommunikasie van Droomtroue se kant af nie. Wat veroorsaak het dat die bruid en bruidegom julle heeltyd moes ****ak. Julle het hulle vrae en versoeke net ignoreer. Niks is betyds gereel nie. Geen tydlyn is ooit uiteengesit vir wanneer wat gebeur nie.

Op die dag van die troue was die beplanning uiters swak. As gevolg van swak beplanning het die diens eers om 17.30 plaas gevind terwyl die uitnodingings vir 15.00 uit gestuur is As daar by die oorspronklike tye gehou was sou die gaste en bruid en bruidegom nie in die reën hoef te gesit het nie. As gevolg van die diens wat laat begin het is daar omtrent geen fotos geneem nie aangesien die lig te swak was. Daar is geen fotos van die ouers saam met die bruid en bruidegom geneem nie. Ook nie saam met familie nie.(‘n foto sessie later het net nie dieselfde betekenis nie)Fotos is al wat mens oorhou van die troue,( wat ons nou ontneem is) Dit is ‘n baie baie groot hartseer aangesien die fotos nooit vervang kan word nie. N herinnering aan die dag vir altyd verlore. Daar is ook geen poging aangewend deur die organiseerders om later fotos te neem nie. Daar was meer as genoeg tyd in die amper 2 ure na die seremonie terwyl die gaste moes wag om in die saal in te gaan. Of deur die loop van die aand. Swak beligting is ook nie aanvaarbaar as n verskoning nie. As professionele mense moes as alle scenarios vooraf in ag geneem gewees het en alle nodig toerusting om onder enige omstandigheid fotos te neem moes beskikbaar gewees het. Dit was die hele dag bewolk en die organiseerders moes besef het dat die diens nie laat kan wees nie aangesien dit gouer gaan donker word en dat die kans vir reën al groter word Kapel Daar was omtrent geen dekor in die kapel nie. En my dogter se versoek 'n paar weke voor die troue van wat sy graag daar wil hê is eenvoudig ignoreer. Strooimeisie rokke Die strooimeisies se rokke was absoluut die verkeerde kleur. Daar is vir my gesê die sponsors kan besluit wat hulle wil gee. Die styl van die rokke was ook glad nie wat my dogter wou gehad het nie. (Weereens was die keuse wat vir haar gegee is die sponsor se keuse) Is dit is nie die bruid se keuse nie, dit is tog haar droomtroue???? Die strooimeisies het een keer na rokke gaan kyk waar my dogter slegs uit ‘n paar rokke kon kies, die strooimeisies se mates is ook nie geneem nie Hulle was dus bekommerd dat die rokkke nie gaan pas nie, en het toestemming by een van die ander organiseersders gevra om die rokke aan te pas. Jy het hulle toe uitgetrap omdat hulle die rokke aangepas het en gesê die rokke pas nie want hulle trek dit verkeerd aan, hoe trek mens ‘n rok verkeerd aan? Jou oplossing was dat een van die strooimeisies haar maag heeltyd uitstoot sodat die rok bo bly. Jy het ook baie sarkasties gesê hoekom hulle 'n two piece gekies het as hulle nie hulle maag wil oop hê nie. ( Hulle wou nie 'n two piece gehad het nie maar was nie 'n keuse gelaat nie aangesien daar 'n baie beperkte keuse was waar tussen hulle kon kies) Hulle is verseker toe hulle die keuse maak dat die rok so gedra kan word dat die maag glad nie wys nie. Die ma van die bruidegom se rok was so swak kleiner gemaak dat 'n paar van die gaste opmerkings daaroor gemaak het. Bruidsrok Die rok het nie gelyk soos die rok wat se fotos sy deurgegee aan die ontwerper nie. Sy het vir die persoon wat die rok maak die kant gewys wat sy wou hê maar is mee gedeel dat dit te duur is. (Regtig die troue moes mos R500 000 werd wees) Die rok was uiters swak gemaak. Die rok het glad nie gepas nie, dit was hopeloos te klein. Die rok het 'n groot bubble gemaak in haar middel. Wat haar gepla het maar daar kon niks daaraan gedoen word nie. Die rok het plooie getrek in die middel. Die rok was te lank. Die rok was swak gesny oor haar borste en het dit skeef en platgedruk. Daar was geen cups ingesit nie. Wat sy baie duidelik die ontwerper voor gevra het nie. My dogter het die ontwerper die dag voor die troue gesê sy is beskikbaar om te pas die dag.Die ontwerper het haar meegedeel dis nie nodig nie. Die passing was baie duidelik baie nodig. Op geen staduim is daar om verskoning gevra daarvoor nie of verantwoordelikheid aanvaar nie. Ek is verneder en verkleineer toe jy my uitgetrap soos n klein dogtertjie waar my dogter, haarstilis, strooimeisies en ma van die bruidegom alles kon hoor. Omdat ek durf woedend wees omdat een van DIE belangrikste items van die dag ( die trourok) 'n absolute gemors was. Jy het my vertel JY het die reg om gelukkig te wees,en gedreig dat jy die troue kan kanselleer. Die ritssluiter het “ gestrip ” toe julle hom probeer toe forseer en die die rok is met cable ties vasgemaak, wat my dogter seergemaak het. Dan is iemand se ou t****ehandse bra (wat nie die regte grootte vir haar is nie) opgesny en in die rok vasgewerk terwyl sy hom aan het. Ook is die voorreg om my dogter te help aantrek op die grootste dag van haar lewe my ontneem. Ek moes sit en toekyk hoe drie wildvreemde vroue trek en stoot om my dogter te probeer in die rok te laat pas. N oomblik waarna ek baie uitgesien het en vir my baie spesiaal was. Na die seremonie moes die gaste wat op daai staduim nat en koud was weereens buite rondstaan vir omtrent 2 ure terwyl daar nog steeds (na die seremonie alreeds 2:30 ure laat was) gewerkskaf was om die saal gereed te kry. Van die gaste het hulle misnoë uit gespreek en genoem dat hulle nog nooit so sleg op ‘n funksie behandel is nie. Hare Die bruid se hare was geensins wat die bruid voor gevra het nie. Dit moes los sagte krulle gewees het. Met n sagte vlegsel. Dit was so styf teem haar kop gevleg dat dit kopseer veroorsaak het. En haar hare was net n koekspul. Die bruid het herhaaldelik gevra wanneer die trial vir haar hare gaan wees. Sy is meegedeel deur Droomtroue dat daar nie een gaan wees nie. Die haar stilus het op die dag van die troue die bruid gevra hoekom sy nooit vir n trial gekom het nie? Daar was net nooit n trial gereel nie. Die ma van bruid se hare was ook glad nie soos voor gevra nie. Die bruid se naels was uiters swak gedoen. Ma van die bruid en bruidegom glad nie. Al was dit in die ****rak Ruikers Die bruid en strooimeisies se hand ruikers was glad nie waarvoor gevra is nie. Die blomme was oud en verlep. Dit was stofferig. Die bruid het vir vetplante gevra. Julle het proteas gehad. (Vaal van ouderdom) Waarvan sy glad nie eers hou nie Strooimeisies se geskenke. Die bruid is gevra om te kies tussen japponne en grimering sakkies. Sy het japonne gekies. Maar nie ontvang nie. ****rak voorwaardes nie na gekom nie Daar was glad nie 'n photobooth soos in die ****rak stipuleer nie. Daar was glad nie 'n booklet vir elke gas soos in die ****rak stipuleer nie. Daar was glad nie 'n sweet table soos in die ****rak stipuleer nie. Daar was nie ‘n gasteboek wat belowe is nie. Die bruid en bruidegom moes kies tussen unity kerse of unity sand. Hulle het sand gekies maar niks ontvang nie. Die oornag verblyf, wat julle vir hulle moes reel vir Saterdag was nooit gereel nie. Julle het op 17 November 2021 aan die bruid bevestig dat dit wel gereel is. Julle het gesê julle sal die vrydag van die troue alle details vir die bruidspaar gee van die verblyf wat julle gereel het. Dit was nie die geval nie. Dit was glad nie gereel nie. My dogter het het julle gereeld daaraan herinner. Voor die troue. Op die dag van die troue en die Saterdag oggend na die troue. Julle het haar boodskappe net eenvoudig ignoreer en niks gereel nie. Hulle moes Saterdag met 'n skok besef hulle sal hulle eie verblyf moet reel. Die hele troue het rondom die produksie gegaan en op geen stadium is daar gepoog om dit die bruid en bruidegom se droom troue te maak nie. Hierdie troue was beslis nie eers 'n fraksie van R500 000.00 werd nie Die kompetisie is ook onwettig Jy mag volgens wet nie vir 'n wenner vra na hy gekies is nie vir 'n geldelike bydrae om te kwalifiseer vir die prys nie Die prys moet die geadverteerde waarde wees Werknemers, familie en sponsors kwalifiseer nie om in te skryf nie. ( n paar familie lede, werknemers en sponsors het "gewen"

0
Replies (0)