EB
Engela B

1 reviews | Active since Apr 2018

23 Apr 2018, 13:00

Uitbuiting - Dr Ian Erasmus - Hatfield - Tandarts

Dr Ian Erasmus, die tandarts by Hatfield is ook op die Discovery Keycare Plus opsie as netwerktandarts. 'n Ruk terug het my lewensmaat sy PRAKTYK besoek vir 'n afspraak met die tandhigienis. Daar is voordele op die Discovery Keycare plus vir hierdie wat ten volle betaal word met die korrekte itemkodes wat gebruik moet word. Groot was ons verbasing toe daar nog steeds R48-00 ekstra in ****ant betaal moet word, kamstig vir sterilisasie van intstrumente. Geen van die ander tandartse - privaat of netwerktandartse het nog ooit hierdie gehef nie. Moet instrumente nie maar altyd skoon gehou word nie? Dis die PRAKTYK se toesien dat die spreekkamers en instrumente ten alle tye skoon moet wees. Nou eweskielik word hierdie ekstra bedrag geheg. Dit absoluut 'n uitbuitery. Die mediese fonds betaal hul asook nou die lid. Ekself het ook verlede geweek gebel om 'n afspraak te maak vir 'n stopsel. Ek het vir die ontvangsdame genoem dat ek vier maal per jaar 'n stopsel kan kry wat my medies goedkeur. Ek het haar gevra of daar nog enige ander koste is. Sowaar, dan noem sy dat ek ook 'n R48,00 fooi moet betaal vir sterilisasie van instrumente.

Dr Erasmus, ek dink julle moet hierdie herwoorweeg. Julle gaan pasiente so verloor. Ek sal ook nie weer soontoe gaan nie en ook nie my familie nie. Ons betaal duur genoeg vir ons mediese fonds en kom die reels na om network dokters en tandartse gebruik. Nou vind julle nog steeds ekstra goed wat uit ons eie sak moet kom. Hierdie is 'n onding.

0
Replies (0)