HZ
Hein Z
1 reviews | Active since Jun 2026
02 Sept 2026, 20:22
Dr Hartley
Baie dankie aan Dr Hartley – regtig een van daardie skaars dokters wat werklik moeite doen met sy pasiënte en jou op jou gemak laat voel. Sy sorgsaamheid en toewyding maak 'n groot verskil. 'n Spesiale woord van dank ook aan sy vrou, Tannie Gerda, vir al die harde werk agter die skerms – van die reël van magtiging tot en met my ontslaan. Julle het alles so glad en moeiteloos laat verloop. Aan die res van die personeel: dankie vir julle vriendelikheid en bereidwilligheid om altyd te help. Dit maak 'n groot verskil om deur mense bygestaan te word wat regtig omgee. Julle is werklik besondere mense, en ek waardeer elkeen van julle opreg. Baie dankie vir alles
Helpful (0)
Replies (0)0
Replies (0)