DL
Dalene L

1 reviews | Active since Apr 2014

16 Nov 2015, 08:58

VOERTUIG IN VIR 'N MAAND MAAR NOG NIE REG

My voertuig Mercedes Benz Het krag verloor, waarna ek hom eerste Geluk werkswinkel toe gevat het om te kyk wat is fout. Hul het my mee gedeel die bedrading is foutief. Die voertuig is sonder my medewete gestuur aan DR Auto electrical, weer is bevestig dit is die bedrading, na n verdere opvolg is ek mee gedeel dit is die Alternator My versoek was dat dit herstel word. Ek het verskeie kere opgevolg wanneer die voertuig gereed sal wees, met beloftes en om uit te vind die verkeerde alternator het gekom. Vrydag die 13de Nov. is ek ge****ak, die voertuig is herstel en kan afgehaal word. Nadat ek my gedeelte betaal het en in my voertuig klim en engin aans***el brand die engin liggie, wat nie voorheen gebrand het nie. By navraag het die motor werktuigkundige my mee gedeel dit is n bedradingsfout. Waarom hul my nie gebel het om my mee te deel daar is fout met die bedrading verstaan ek nie. Toe ek met Dawid telefonies in gesprek was oor die liggie, word ek meegedeel hul het opdrag gekry om die alternator te vervang. My vraag is, die eerste aanvanklike fout, was die bedrading en toe ewe skielik is dit die alternator? Ek glo nie dit is hoe n mens n klient regverdig behandel nie.

0
Replies (0)