JJ
Justin J

1 reviews | Active since May 2015

24 Jul 2018, 15:47

Bad service at Roodepoort

Ek wil asb net vir die mense waarsku oor Doves begrafnis ondernemers in Roodepoort. Ons het regtig net baie slegte diens van hulle af ontvang met my oupa se begrafnis. Ons het gesukkel van die begin af. Ons was gehelp deur ‘n man met die naam Sam wat self lekker treurig is. Die diens was 11h00 vrydag oggend en teen 12h00 was die diens klaar. Ons was bevoorreg om polisie begeleiding te hè, die Sam ou het so stadig gery om tyd te spaar want hy het gehoor hulle was nog nie reg by die graf nie. Die polisie moes hom op ‘n stadium aanjaag. Toe ons by die graf kom lè di gazebo nog op di grond niks was reg gewees nie. Nou terwyl ‘n mens jou geliefde moet begrawe wil hulle die gazebo opslaan in die agtergrond dat ons vir hulle moes sè hulle moet stop. En dan nie eers gepraat van hoe ons gesukkel het om die kus tot onder in die graf te kry nie. Ek, my oom en neef moes instaan om die straps te trek om te keer dat die kus nie om slaan nie. En al wat vir ons gesè was is dat hulle is jammer. Asb mense bly weg van hulle af regtig baie baie slegte diens. My oupa wat oorlede is het seker 57 jaar lank aan hulle elke maand geld oorbetaal om verseker nie so begrawe te word nie.

0
Replies (0)