1 reviews | Active since Apr 2022
Bernadine Bence
Bernadine Bence
Rating: Jy verdien n 6-Ster Rating as daar een was het ek hom vir jou gegee ******
Vanoggend toe ek die Comparison doen op die Pet Insurance toe dog ek , wat het ek myself nou in ingelaat!
Ek is nie een wat hou van lang oproepe en baie inligting nie, die meeste van die tyd kan ek nie eers onthou wat als gese was nie, maar met hierdie oproep was dit anders. Meskien was dit omdat dit nie Maandag was nie, of dis duidelik dat jy jouself goed van jou taak gekwyt het.
Ek wil graag dankie se vir die terugvoering, die uitneem van die Polis, nou kan ek met n geruste hart slaap en weet my (Baby) is in goeie hande.
In minder as n half uur het jy my gehelp om die pad voorentoe met my 4pootige lyfie helder te maak. Ek weet dat julle daar sal wees om my te assesteer in n noodgeval of sommer net n vinnige check-up.
Dankie vir jou mooi Persoonlikheid en dat jy my gemaklik deer die proses gevat het!
Dankie Dotsure Family !
