CB
Carien B

1 reviews | Active since Jun 2016

20 Sept 2017, 16:11

Prosedure goedgekeur, toe afgekeer met hullr leuens.

My spesialis het ongeveer 2 weke gelede aangesoek gedoen by Discovery Health vir magtiging om 'n Medtronic Pynstimuleerder in te plant. Die magtiging om voort te gaan was op 15 September aan my en my dokter gegee. Maandag 18 September het ons egter 'n nuwe kennisgewing ontvang waarin die toestemming teruggetrek word. By verdere navraag deur ons makelaar is daar beweer die spesialis het die mediesefonds van nuwe inligting voorsien en het hulle daarom die magtiging eers teruggetrek om die nuwe inligting te oorweeg. Nadat die spesialis ontken het dat hy enige nuwe inligting verskaf het, het hy, ons makelaar en onsself probeer uitvind waar die nuwe inligting vandaan kom. Discovery het net geweier om ons skriftelik te antwoord en ook was daar niemand met wie ons mondeling die aangeleentheid kon opklaar nie. Later het ons uitgevind Discovery het blatant vir ons 'n leuen vertel. Ons het aangedring om met Dr Ryan Noach te praat aangesien hy die briewe onderteken het. Die amptenare van Discovery het blatant net geweier om ons met hierdie dr te laat praat. Ons spesialis het ook aangedring om met Discovery te praat maar het hulle ook geweier. Hulle weier ook om in afrikaans met ons te kommunikeer.

Hierdie operasie is spesiaal geskeduleer omdat ek baie pyn verduur vir Maandag 25 September wat 'n vakansiedag is. Die teater en personeel moes spesiaal gereel word en het my vrou reelings in Kaapstad getref vir verblyf. Die dame van Medtronic wat teenwoordig moet wees tydens die operasie het ook reeds 'n vliegtuigkaartjie vanaf Johannesburg na Kaapstad en terug bespreek.

Discovery weier egter steeds om met die dokter, ons makelaar en onsself te praat en se hulle komitee wat die goedkeuring moet doen kom more bymekaar. Die standaard antwoord van more het ons Maandag vir die eerstekeer gehoor maar het dit nog steeds nie gehoor nie. Ons spesialis vertrek oorsee en sal ek met hierdie pyn moet aanhou veg tot wanneer hy terug kom en wanneer Discovery sy verpligtinge nakom. Dit is duidelik waarom hulle wins vir die jaar so goed op is.

0
Replies (2)
Discovery Health
Discovery Health's reply21 Sept 2017, 07:14
Official

Dear Cariendb

We’ve noted your concerns and we’re investigating the matter. We’ll contact you with feedback as soon as possible.

Regards
Discovery Health Servicing Team

Discovery Health
Discovery Health's reply22 Sept 2017, 11:40
Official

Dear Cariendb

We have been in touch with you to answer your comments.

Regards
Discovery Health Servicing Team