JE
Johannes E

1 reviews | Active since Dec 2019

08 Dec 2019, 13:51

Onbevredigende diens by mediesfonds m.b.t tot kroniese medikasie

Sedert 2016 is ek en my vrou lidmate by Discovery Health. Ons lidmaat nommer *** en ons plan is Essential Saver.

Op 24/06/2019 is ek en my vrou vir ons algemene 6 maandelikse ondersoek om ons voorskrifte te hernu. Met die besoek het die dokter ons albei se suiker geneem en telling was vir my 22 en my vrou 28. Die dokter het vir albei medikasie voorgeskryf, Glucophage en Gliclazide, en huistoe gestuur om te toets of medikasie voldoende is en ons moes Maandag weer terug gaan na hom. 27/06/2019 is ons terug na die dokter en hy het bevestig dat die medikasie werk. Hy het vir ons ses maande se medikasie voor geskryf en die medies het dit van ons spaarrekening verhaal.

Vir die eerste week het ons daagliks ons suiker getoets en dit het konstant onder n telling van 7 gebly. Daarvan af het ons weekliks getoets en was telling as normaal.

22/11/2019 gaan ons terug na ons dokter om voorskrifte te gaan herhaal en om dit as kronies aan te vra. Nodige vorms is in gevul soos deur Discovery aan gevra en deur gestuur met die nodige Pathcare se laboratorium uitslae. Discovery het die geweier omdat hulle die toetse as normaal beskou het. Ek het vir Discovery gebel en met Gugu gepraat en verduidelik dat ons ses maande op medikasie is, dus gaan die toets normaal wys. Ek het haar daar volgens gevra, wat hulle benodig as bewyse dat ons diabete is. Haar antwoord was dat sy nie weet nie. Ek het voor gestel dat ons medikasie staak tot ons telling weer abnormaal hoog is. Sy het gesê nee, want dit is te gevaarlik.

Ek voel dat ons al 3 jaar op die medies is juis om gesond te lewe en die beste bystand te ontvang van hulle af. Nou dat ons in probleem situasie is, wat lewens gevaarlik is, is ons in die steek gelaat deur Discovery. Die verteenwoordiger van Discovery kon nie eers vir my n oplossing gee tot die probleem nie.

Huidiglik het ons die medikasie gestaak weens ons finansiele druk en kan daagliks sien hoe dit ons tellings hoër maak. Op die stadium betaal ons duur aan n medies wat ons geen tevredenheid bring nie.

0
Replies (3)
Discovery Health
Discovery Health's reply09 Dec 2019, 12:18
Official
Dear Johannes Edwards 

Your concerns are important to us and we will be in touch soon with an answer to your comments. 

Regards
Discovery Health Servicing Team 

Discovery Health
Discovery Health's reply11 Dec 2019, 16:19
Official
 
Dear Johannes Edwards 
 
We have been in touch with you to answer your comments. 
 
Regards
Discovery Health Servicing Team 
JE
Johannes E's update17 Dec 2019, 11:37
Reviewer Update
Elton ek wag vir jou oproep, my kronies is aanvaar. Dankie !! My vrou wag nog steeds en sy is die sensetiefste en benodig die medikasie, asseblief laat weet wat aangaan.