AN
Attie N

1 reviews | Active since May 2019

07 Jan 2025, 12:36

Discovery Health swak diens

Ek ontvang gister 'n epos wat bevestig dat my Discovery lidmaatskap opgeskort is. Ek ****ak toe die departement wat daarmee werk en vra wat is die probleem dat my lidmaatskap opgeskort is. Die dame verduidelik dat die debiet order nie deur die bank betaal is nie en dat ek agterstallig is met R4867.00. Ek vra aan haar watter rekening het hulle die debiet order teen gehef. Sy noem toe dat dit die besigheids rekening is. Ek het totaal my humeur verloor want die besigheids rekening is al 3 jaar terug gesluit. Ek het verder gevra hoe word die rekening tans betaal. Sy het bevestig dat dit via EFT betaal word en sy het selfs die maandelikse premies genoem. Ek het aan haar genoem wat die premies is wat ek betaal asook die datums wat ek dit betaal en na vinnige berekeninge is dit duidelik dat ek byna 'n maand reeds vooruit betaal was op my Discovery lidmaatskap. Ek was woedend wat dit dui daarop dat sommige werkers nie hule werk doen nie, die CEO Adrian Gore wat byna R1,9milj per maand verdien nie kan toesien dat sy mukti-biljoen rand omset besigheid flot en korrek bedryf word nie. Ek het in geen onduidelike kru taal my vereistes gestel en versoek dat die opname van die gesprek van 57 minute aan my versend word. Dis nie gedoen nie. Ek het gevra vir 'n staat, dis nie gedoen nie. Ek het gevra vir 'n apologie omdat die departement nie hulle werk reg doen nie, dis nie gedoen nie. Ek het genoem dat ek die plasing sal maak op sosiale media platforms want ek verstaan nie hoekom moet Discovery sy hoofkantoor van biljoene Rande in die hartjie van Sandton bou nie, seker om die premies net te laai om hulle gerief te befonds. Ek het die persoon wat tans my medies hanteer, die broker, gevra om vir my na alternatiewe te kyk aangesien dit duidelik is vir Adrian Gore om winsbejag te wees want ek is oortuig dat meer as 50% van al sy lede se medies is al teen Junie reeds uitgeput omdat hulle fondse eerder gaan vir luushede en sporadies salarisse en bonusse as wat dit eerder die persone wat dit betaal elke maand tot voordeel srek. Ek dring aan op my versoeke en sal wag vir Adrian Gore vir sy oproep maar intussen sal ek uitkyk vir alternatiewe meies wat nie so buitesporig onbekostigbaar is nie.

0
Replies (2)
Discovery Health
Discovery Health's reply07 Jan 2025, 12:44
Official
Dear Attie N

We’ve noted your concerns and we’re investigating the matter. We’ll contact you with feedback as soon as possible. 

Regards 
Discovery Health Servicing Team
Discovery Health
Discovery Health's reply08 Jan 2025, 13:40
Official
Dear Attie N

We’ve contacted you to address your concern. 

Regards 
Discovery Health Servicing Team