1 reviews | Active since Mar 2009
Betaal my eise, asb.
EK het 'n lys aangevra van al die Afrikaans sprekende tandartse in Tzaneen, maar daar is blykbaar nie een nie. Ek was by een van julle Key Care "partner" tandartse gewees, maar sy het drooggemaak, omdat sy my nie behoorlik kon verstaan nie. Sy is nou ook nie meer deel van Key Care nie, so ek kan nie teruggaan om na haar nie. Nou kies ek om na 'n tandarts te gaan wat my kan verstaan, maar Discovery wyer om te betaal. Ek vra nie dat julle die volle bedrag betaal nie, net die deel wat julle aan julle Key Care "partner" sou uitbetaal het. Daar is GEEN rede hoekom julle my nie daardie bedrag kan uitbetaal nie. Julle hou my "gyselaar" deur my te dwing om 'n tandarts te gebruik wat op julle lys is, maar nie een van daardie tandartse kan Afrikaans praat nie, en Engels is ook nie hulle eerste taal nie, so ons sukkel om mekaar te verstaan. As dit by mediese dinge kom, moet jou dokter / tandarts jou ten minste kan verstaan. Ek gee nie om, om in te betaal om na 'n tandarts van my keuse te gaan nie, maar ek verwag van Discovery om uit te betaal wat julle aan julle "partner" sou uitbetaal het. Ek sal dit verder vat as ek moet, want ek gaan my nie laat boelie deur julle nie. Sorteer dit asb uit en betaal die geld aan my uit.
Dear Renate.Brown
Your concerns are important to us and we will be in touch soon with an answer to your comments.
Regards
Discovery Health Servicing Team
Dear Renate.Brown
Your concerns are important to us and we will be in touch soon with an answer to your comments.
Regards
Discovery Health Servicing Team
Dear Renate.Brown
We have been in touch with you to answer your comments.
Regards
Discovery Health Servicing Team
Dear Renate.Brown
We have been in touch with you to answer your comments.
Regards
Discovery Health Servicing Team
