MN
Mariette N

1 reviews | Active since Feb 2015

02 Apr 2016, 08:12

Aansoek om Discovery KeyCare Plus Mediesefonds

My seun het aansoek gedoen vir bogenoemde Mediesefonds op 23 Maart 2016. Die dokumentasie is voltooi en Curemed Health se konsultant het die aansoek na Discovery Health gestuur. Daar is duidelik in die aansoek gemeld dat daar vanaf 1 April 2016 dekkeing verlang word aangesien sy lidmaatskap by GEMS op 31 Maart 2016 verval. Daar is 'n LIDMAATSKAP SERTIFIKAAT vanaf GEMS aan die aansoek geheg. My seun was 'n student tot en met Des 2015 en het nou begin werk. Op 1 April 2016 om 17 H00 ontvang ek 'n epos vanaf Discovery Health mediesefonds wat aandui dat my seun 'n WAGTYDPERK van 3 maande het aangesien hy nog nooit voorheen lid was op enige mediesefonds nie!!!

Lees Discovery Health nie deur al die dokumentasie wat hul aansoeke vergesel nie?? My seun moet nou vir 3 dae of meer sonder enige MEDIESE DEKKING wees tot Discovery Maandag 4 April terug is op kantoor. Wie gaan betaal en verantwoordelikheid neem vir die nalatige fout?? Ek het tans geen gemoedsrus nie.

Ek het juis op Discovery Health besluit omdat ek oortuig was hul is die beste!!

Ek hoor graag van Discovery Health in bogenoemde verband.

0
Replies (1)
Discovery Health
Discovery Health's reply05 Apr 2016, 17:50
Official
Hello mariettenich,

Thank you for your comment.

We are truly sorry for the manner in which your query was handled. As we have received all outstanding documents, the terms of your son's acceptance have been amended and he has been accepted without any waiting periods.

Should you require any further assistance, please feel free to contact us on ***.

Regards
Norman