1 reviews | Active since Dec 2022
Die Houtkis Kimberley - very very disappointing !
https://www.facebook.com/diehoutkis?mibextid=ZbWKwL
Dit is glad nie lekker om hierdie te doen nie, maar die gevoel is dat ander mense gewaarsku moet word teen besighede of individue wat hulle kliente nie reg hanteer nie. Baie ontevrede met "DIE HOUTKIS, KIMBERLEY nl. DEON DE WET. Deon het sy volledige deposito en betalings op tyd ontvang. Ons het hom talle kere laat weet dat die kaste wat hy vir ons gebou het uitmekaar en skeef trek. Hy het eers gesê hy sal dit kom reg maak of herstel, daarna was hy te besig om vir ons 'n tyd te gee wanneer dit herstel gaan word. En daarna het hy net glad nie meer sy foon of boodskappe geantwoord nie. Dis vir ons hartseer om sulke behandeling te ontvang, mens is uiters teleurgesteld deur hierdie tipe van besigheid en diens !! Ons sal glad nie aanbeveel dat enige iemand met Deon de Wet (Die Houtkis) van Kimberley besigheid doen nie.
