1 reviews | Active since Dec 2019
Swak diens van Die Ark B&B
Ons het deur SafariNow die 16de Oktober plek bespreek by Die Ark B&B in Williston. Die bespreking is bevestig en betaal. Op die 3de Desember word ons in kennis gestel deur SafariNow, dat Pieter Naudé van die Ark hul in kennis gestel het, dat daar 'n dubbel bespreking was, en dat ons sn gekanseeleer is 2 weke voor ons daar sou tuisgaan. Terwyl ons kinders, na ons bespreek het (net omdat ons daar sou oorbly, het hul ook daar bespreek), wel plek gekry het!!!!!!!!!!!! My man het toe vir Pieter Naudé ges***el, om te hoor wat die probleem was, en hy dink hy het ons 'n guns gedoen, om ons in kennis te stel dat daar 'n dubbel bespreking was. Volgens hom was daar reeds in Januarie 'n bespreking wat nie in die boeke opgeteken was nie. Dit neem hul 11 maande om so 'n fout agter te kom????????? Die Ark se swak administrasie stel SafariNow ook in swak lig. SafariNow het ons gehelp om 'n ander plek toe te kry in Williston. So in vervolg sal ons maar as ons ooit weer daardie rigting ry, die Ark verby ry!!!!! Ons wou gekyk het hoe dit daar lyk, nadat hul op Kwêla was. Baie teleurgesteld in hulle!!!!!
