1 reviews | Active since Sept 2012
Baie, Swak diens en ongeskikte personeel
Ek het in Julie 2015 my ring ingestuur om kleiner gemaak te word, toe ek hom terug kry was daar n steentjie weg. Ek neem toe die ringetjie trug sodat hulle die steentjie kan trug sit, net om te hoor die kloutjies wat die steentjie vas hou is te oud en moet vervang word. Ek gee n extra ringetjie in om die kloutjies mee te vervang.<br> 4 maande later val die steentjie weer uit, ek gaan trug en vra dat hulle asb die steentjie trug sit waarvoor ek bereid was om te betaal. Maar ek het dit binne 3 dae nodig. Die ongeskikte ontvangs dame roep die eienaar Marius Potgieter en wys hom die ring en vra met n houding of hulle dit kan doen, waarop hy baie beleefd antwoord JA sekerlik en hy sal n plan maak dat ek die ring betyds kry. Vandag soos afgespreek gaan ons die ring op te tel, wat nie klaar is nie. Die selfde ongeskikte dame se die eienaar is nie hier nie, maar julle kan die ring more oggend optel hy sal kla wees. Ek is bitter ongelukkig se nee ek het hom vandag nodig. Sy se ek bel terug, bel my terug en se die eienaar se NEE die steentjie kan nie ingesit word nie want die ring is te oud (met 'n houding en stories). Ek het ook my eie besigheid en dit is nie hoe mens kliente behandel nie.
