mF
maria F

1 reviews | Active since Oct 2015

29 Oct 2015, 14:11

geen hulp van Labour dep

Ek en my man is ge fire n week uitmekaar van die selfde maatskappy in pretoria. Ek was by ccma en het my saak gewen, ek wag nog vir my UIF vorm. My man is na die labour dep om sy salaris en verlof gelde te eis van die maatskappy wat elke keer n storie gehad het om dit uit te betaal. Ons was by Randfontein labour dep op 7/4/15 en is gese om terug te kom 14/4/15 en toe weer 21/4/15. Ons het op 28/4/15 n saak handig gemaak vir inspeksie. Daar is vir ons gese dit sal binne 4 mnd opgelos word, omrede ons in Randfontein woon en die maatskappy in pretoria is. Ek het op 4/08/15 terug gegaan na Randfontein labour dep om te hoor wat aangaan. Daar is vir my gese om die saak weer te doen die dame wat dit die eerste keer gedoen het, het gedink die maatskappy gaan ons betaal want die eienaar het vir haar gese hy gaan en sy het hom geglo. Daar is weer vir my gese dit sal binne n week opgeklaar wees. Ek het navrae gedoen op 8/10/15 weer 3 maande na die 2de saak. Ek het n e-mail gestuur op 27/10/15 aan Mr John Holeni en ook Mr Bongani Mahlaula om navrae te doen. Mr Bongani Mahlaula het my terug gemail en net gese hy het die saak lankal gekry maar nog nie uit gegee nie.

0
Replies (0)