JvdM
Johann van der Merwe
1 reviews | Active since Jan 2018
20 Sept 2019, 09:21
Puik diens
Te midde van vele klagtes oor swak dienslewering, het ek 'n pluimpie vir Bredasdorp se kantoor van Binnelandse Sake. Ek en my vrou het verlede week aansoek gedoen vir ons nuwe ID-kaarte asook pa****rte. 'n Wéék later het ek 'n SMS ontvang om dit te gaan afhaal.
Die diens was puik - die personeel was vriendelik en behulpsaam, daar was geen lang rye nie, en die atmosfeer was aangenaam en rustig. Dit is inderdaad 'n voorbeeld van hoe dinge kan en behoort te geskied.
'n Spesiale woord van dank aan Cambert Oostendorp en Inge Diedericks vir hulle professionele diens. Dit word baie waardeer.
Die uwe Dr. Johann van der Merwe
Helpful (0)
Replies (0)0
Replies (0)