1 reviews | Active since Oct 2013
Ontwykende ID

Tans probeer ek om vir my 16 jarige seun 'n ID dokument/ nuwe ID smart card te bekom.

Op 10 Augustus het ek 'n aanlyn afspraak gemaak, om die tak in Absa, by Lifestyle mall te besoek.

Aanlyn dokumentase is gelaai (Afskrif van geboorte sertifikaat en afskrif van my ID)

Ons het die tak op 12 Augustus besoek.

Van daar af het die probleme begin.

Ons is in kennis gestel dat daar 'n Bewys van geboorte ingedien moet word, en 'n verklaring dat geboorte plaasgevind het.

Na verskeie navrae en pogings om dokumente in te dien, is dit weer ingedien op 28 Oktober.

Tans is ons verwittig dat ons steeds die vorms moet indien.

Navrae was telefonies gerig, per e-pos, en ons het verskeie male die tak by Lifestyle mall, Centurion en Byron place besoek. Dokumente was ook al ingedien, al kon Centurion tak nie help nie, en Lifestyle mall se tak nie wou help nie.

My seun het 'n motorfiets, maar mag nie ry nie, want hy het nie 'n ID nie, sonder dit mag hy nie aansoek doen om die toets te skryf vir leerlinglisensie nie.

Binnelandse sake kan nie verklaar hoekom hy 'n bewys van geboorte nodig het nie, en ook nie hoekom die vorms (wat 'n paar maal ingedien was) steeds nie aanlyn toon op sy aansoek nie.

As die situasie nie so frustrerend was nie, sou ek dit as uiters lagwekkend kon beskryf.