1 reviews | Active since Mar 2018
Hi Marinda;
Ek verwys na ons telefoongesprek vanoggend en ek wil graag net weer my dankbaarheid toon teenoor julle.
Toe ek destyds die besluit geneem het om onder skuldberading te gaan, kan ek met alle eerlikheid vir jou sê dat ek vreeslik bang en onseker was. Vrae soos "Wat as hulle nie die geld aan die krediteure oorbetaal nie?" en "Gaan ek ooit weer van hulle hoor??" het by my ge****k. Streng gesproke kon ek myself nie oorgee aan drank nie want op daai stadium kom ek nie eers 'n papsak wyn bekostig nie; ek moes by KFC se drive-thru sit om ander mense se vingers af te lek.
Die feit dat mens so baie horror stories hoor van skuldberaders wat jou con maak so besluit nie veel makliker nie en aangesien 'n vriendin van my 'n vieslike trap afgetrap het met 'n skuldberader in ons omgewing, het ek vreeslik getwyfel.
Owersetseinde en des-nie-teenstaande het ek deurgedruk; my aansoek vorms ingedien en gewag. Ek is amper seker daarvan dat die stomme Arnelda 'n permanente maagsweer gekry het van al die sooibrand wat ek haar gegee het want 'n skuldenaar kon net in my rigting kyk dan het ek op die foon geklim. So is my aansoek goedgekeur deur die hof en ek het maar besluit om terug te sit en te hoop vir die beste; ekt besluit as iets fout gaan dan is dit maar so - op daai stadium kon dit nie veel erger gaan nie en die gesegde wat lui "It can only go up from here" het ek as my rekenaar desktop background gesave; intussen het iemand vir my 'n resep gegee van hoe mens Vodka kan maak van 'n aartappel so die "gee jouself oor aan drank" het plausible gelyk sou dinge skeefloop! :)
So het die tyd verby gegaan; ek het pligsgetrou seker gemaak daar is elke maand geld vir my debiet order om af te gaan.
Skielik vandag toe kry ek 'n epos van Mr Price. Eers sak my moed en ek stuur iemand kombuis toe vir 'n aartappel; net om die epos oop te maak en te sien dat dit 'n "paid up" brief van Mr Price is wat se my rekening is volledig op betaal!!!! Kyk, vir sommige mense is so stuk papier nie 'n big deal nie, maar vir my het dit so baie beteken want dit was 'n bewys dat die geld wat ek aan julle betaal tog na my krediteure toe gaan! Ek kan nie wag vir die volgende "paid-up" brief om sy verskeining te maak nie.
Skuldberading het my rerig baie geleer; hoe om te budget, hoe om nie 'n klomp onnodige goed te koop nie en ek is julle ewig dankbaar; jul eerlikheid stel ek hoog op prys.
1,057 total reviews on Hellopeter