PB
Paulana B

1 reviews | Active since Oct 2019

21 Jan 2025, 15:15

Swakste diens Debt Rescue

Enige persoon wat van hul diens gebruik maak vra ek heroorweeg deeglik. Ons het soveel probleme sommer in die aansoek proses. Jy kry leè beloftes van hoe hulle jou navrae en klagtes sal ondersoek maar keer nie terug na jou met n antwoord nie. Ons probeer om die aansoek te kanseller met n baie geldige rede maar hulle reageer glad nie.

Dis n skande hoe mens n maatskappy vertrou en dan doen hulle dinge wat teenstrydig is met sekere dinge. Ons oorweeg dit sterk om regs hulp te kry om die situasie op te los aangesien hulle die probleem glad nie as ernstig beskou nie. Die "new concultant" Lebo het my oor die foon uit gelag oor n baie ernstige saak. Swak diens veral as hulle fouteer het.

0
Replies (3)
Debt Rescue
Debt Rescue's reply21 Jan 2025, 15:18
Official
 Beste Paulana,

Dankie dat u u kommerns met ons gedeel het. Ons is opreg jammer om te hoor van u negatiewe ervaring en ons wil verseker dat ons hierdie situasie baie ernstig opneem.

Ons span verstaan dat die probleme wat u genoem het, insluitend die uitdagings tydens die aansoekproses en die gebrek aan terugvoer, tot groot frustrasie kan lei. Dit is nie die standaard van diens waarop ons trots is nie, en ons vra opreg om verskoning vir enige ongemak wat u ervaar het.

Ons is daartoe verbind om u saak dringend en met die grootste aandag aan te spreek. Klientediens is vir ons van kritieke belang, en ons sal hierdie kwessie prioritiseer om 'n oplossing te vind.

Ons span sal binne die kortste moontlike tyd met u in verbinding tree om die besonderhede verder te bespreek en seker te maak dat alles duidelik en reggestel word.

Dankie dat u ons hierop attent gemaak het. Ons waardeer u geduld en die geleentheid om hierdie probleem op te los.

Vriendelike groete, 
Marlize
Debt Rescue
PB
Paulana B's update21 Jan 2025, 15:39
Reviewer Update
Baie dankie Marlise dat jy my so vinnig ge****ak het. Baie dankie ook vir die versekering dat jy die probleem sal ondersoek en na my toe sal terugkeer binne 24 uur.
Debt Rescue
Debt Rescue's reply21 Jan 2025, 16:04
Official
Goeie dag Paulana

Ek sal so spoedig moontlik terug kom na jou toe

Groete