1 reviews | Active since Oct 2019
DDesteney van Schalkwyk en Memory Oosthuizen kom weereens deur vir hul kliënte
Wanneer jy al 'n pad sedert Desember 2022 met 'n skuldhersieningsmaats***ppy deurloop het en byna die eindstreep sien, en dan skielik baie siek word en ten spyte van 'n baie goeie mediese fonds met astronomiese bybetalings gekonfronteer word, kan jy nie konsentreer op herstel nie. Inteendeel, die finansieële kommer maak jou sieker met bykomende simptome!
My eerste gedagte was natuurlik my huur, krag- en waterdienste EN natuurlik my maandelikse betaling aan Debt Review wat nog nie EEN maand sedert Desember 2022 oorgeslaan is nie.
Egter kan mens NIE bloed uit 'n klip tap nie. Skielik, op 70 jarige ouderdom was ek en my man in 'n hoek gedryf. Met die hulp van Memory Oosthuizen is ek egter na Desteney van Schalkwyk verwys wat menige oproepe en eposse tot gevolg gehad het in die vriendelikste, mees behulpsame en empatiese manier!
Mens kom gou agter die is nie net vir hulle 'n werk waarvoor hulle einde van die maand 'n salaris wil ontvang nie, maar dis 'n onbaatsugtige omgeewerk vir hul medemens wat hulle doen.
Met 'n plan in plek gestel en alle vertroue in die Stuurman daar Bo wat die wiel in Sy hande hou, glo ek dat met die plan ingestel alles in plek sal stel en oor 'n paar maande as hierdie skuld gedelg is, ons weer meer as slegs tuisgemaakte sop in hierdie huis gaan kan eet.
Baie dankie, Desteney en Memory vir dit wat julle vir kliente doen.
Baie dankie vir hierdie ongelooflik hartlike en persoonlike terugvoer. 💙🙏 Ons is diep geraak deur jou woorde en is veral dankbaar dat Memory Oosthuizen en Desteney van Schalkwyk vir jou en jou man ondersteuning, begrip en hoop kon bied tydens so ’n uitdagende tyd.
Ons verstaan dat finansiële bekommernisse ’n mens se gemoedsrus kan beïnvloed, veral wanneer jy reeds met onverwagte uitgawes en ander uitdagings gekonfronteer word. Dit beteken baie om te hoor dat Desteney, deur haar talle oproepe en e-posse, jou op ’n vriendelike, behulpsame en empatiese manier kon bystaan en dat daar nou ’n plan in plek is. 🌷
Jou beskrywing van Memory en Desteney se diens as iets wat verder gaan as net ’n werk, is ’n besonderse kompliment. Ons sal seker maak dat hulle albei jou mooi boodskap ontvang. ⭐
Ons wens jou en jou man alles van die beste toe vir die pad vorentoe en hoop dat die plan wat in plek gestel is vir julle groter finansiële verligting en gemoedsrus bring. Baie dankie dat julle Debt Rescue vertrou het en dat julle die tyd geneem het om julle ervaring met ons te deel. 💙🙏
Vriendelike groete
Marlize
Debt Rescue