1 reviews | Active since Dec 2015
DE VILLA RIVER RESORT naby Loskop dam . Wat ń teleurstelling
DE VILLA RIVER RESORT naby Loskop dam
Wat ń teleurstelling!
Ek post hierdie nie om die plek sleg te maak nie maar mense voor te berei waarvoor jy jou inlaat as jy by De Villa river resort gaan kamp. Hulle entertainment vir die kinders is regtig oulik, die enigste probleem is dat die dagbesoekers dit heeltemal oorneem en daar nie regtig ń plek is vir die kampeerders om dit daar te geniet nie. Dagbesoekers is nie wat die probleem is nie, dit is hoeveel jy inlaat. By die hek staan geen Taxis nie, wel ek neem aan Kersdag het daai reël nie gegeld nie.
Ons het reën gekry en hier het die groot gemors begin. Sodra jy jou voete uit die karavaan sit, trap jy in modder. Die modder was so erg dat ek nie my kinders uit die karavaan kon laat kom nie. Soos jy op jou grondseile trap, druk die modder tussen jou tone deur.... en moet jy net vashou of jy gly en val.
Toe ons nou besluit om te ry, het dit ons 3 ure gevat om die 2 voertuie uit die modder te kry waar hulle vasgeval het. Soos die werkers van die plek verby ons stap, kyk hulle net af en geen hulp sal aangebied word nie. Mede kampeerders het ons kom help om uit die gemors te kom....
Daar is een strook plaveisel in die middel en alles om daai padjie is ń mens te bang om te ry of jy sit vas. Ons moes ons karavaan stoot tot by daardie padjie want geen kar kan daar ry of jy sit vas nie..... weereens geen hulp van die plek nie.
Nog ń ding wat my pla is , jy moet betaal om wifi te gebruik ( die plek het GEEN sein nie) . Ek reken jy wil dit so gerieflik as moontlik vir jou kampeerders maak aangesien jy alklaar vrek duur vir jou staanplek betaal het!
Hierdie gemors was nie net by een staanplek nie maar letterlik by al 20 staanplekke. Ons almal moes mekaar help om uit hierdie modder gat te kom. Toe van die kampeerders gaan kla het by die kantoor.... was die persoon se antwoord " As ń mens nie van ń fliek hou nie, stap ń mens uit".
In al ons jare van kamp het ons nog nooit so slege ervaring beleef nie!
Hierdie plek het baie potensiaal maar hulle bestuur gaan hulle ondergang beteken.
