1 reviews | Active since Oct 2017
NOG 'N PENSIOEN SKANDAAL???
Gedurende 2015 het ek 'n eiendom verkoop en 'n bedrag geld ontang wat ek graag wou bele. Ek is deur De Vere Acuma genader om die belegging namens my te hanteer. Ek het swak advies ontvang van die konsultant. Op geen stadium was ek meegedeel dat die konsultant nog nie haar eksamen afgele het nie en nie as 'n onafhanklike konsultant kon advies verskaf nie. Sedert 2016 probeer ek die aangeleentheid te bespreek met 'n senior bestuurslid van De Vere maar word my versoeke nie ernstig hanteer nie. Na verdere probleme het ek hulle weer ge****ak en 'n skrywe van mnr Andre Vorster ontvang waarin hy onderneem het om nadat hy met die reguleerder die aangeleentheid afgehandel het hy my persoonlik sal terugvoering sal gee, dit het steeds nie gebeur nie. Ek het 'n klagte aan die FAIS Ombud gestuur op die 2de Junie 2019 waarin ek my probleme aan hulle verduidelik het. 'n Me Wendy Serfontein het my ge****ak en onderneem om terugvoering te verskaf sodra sy van mnr Andere Vorster terugvoering ontvang, Die afgelope 7 maande het ek verskeie briewe aan die FAIS ombud gestuur maar geen antwoord terug ontvang nie. Selfs nie eers 'n ontvangs erkenning nie. Daar is dus geen verantwoordelikheid deur finansiele firmas aan hulle kliente nie en word ons oorgelaat aan ons eie lot deur die FAIS Ombud. Ek verneem dat De Vere eersdaags aan Brite Advisors SA (Pty) Ltd verkoop word en is ek bekommerd oor die gevolge van so 'n stap.
