CP
Casper P

1 reviews | Active since Oct 2017

28 Jan 2020, 11:59

DE VERE ACUMA / FSCA

Almal in SA is bewus daarvan dat SAL, Evkom, Prasa tot niet gegaan het. Ongelukkig is daar ook 'n ander belangrike instansie wat nog kantore beset maar nie werklik hulle mandaat wil of kan uitvoer nie. Ek het pas 'n skrywe van me Wendy Serfontein van FSCA terug ontvang. Hierdie antwoord is nou uitstaande vir verskeie maande en het die FSCA op geen navraag gereageer nie. Nadat ek 5 dae gelede 'n skrywe aan Hellopeter gerig het, het me Serfontein my in kennis gestel dat die FSCA die aangeleentheid ondersoek het en geen gronde vir verdere ondersoek kon vind nie. Met hierdie woorde bevestig me Serfontein dat onopgeleide en ongekwalifiseerde agente namens hierdie groot firmas kan optree deur voor te gee dat hulle wel gekwalifiseerd is en dan miljoene rand van jou pensioengeld kan hanteer. Foutieweminligting en selfs inligting wat in stryd is met Reserwebank Wetgewing is normaal en toelaatbaar.

Ek wil graag pensionarisse waarsku om nie op die FSCA te reken indien hulp benodig nie. Hierdie instansie is ook gekaap deur die groot finansiele instansies. Ook wil ek pensionarisse waarsku teen De Vere Acuma en Brite Advisors SA (Pty) Ltd. Nie een van hierdie 2 instansies het enigsins gereageer op my klagtes oor swakdiens en onbevoegde agente nie.

0
Replies (0)